FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Stormskade

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Stormskade Empty Stormskade

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 2:56 pm

    drie dae gelede se stormwind lê oopgespoel
    in vaartbelynde slote teen hoogwater walle op
    Blouwaterbaai se strand -
    sy huiwer
    oophand, palms na bo, met springgety-are
    wat lewenslyn na sawens-rus-branders

    die industrie donder teen suurstaal mure
    met 'n duisend-en-een liggies wat flikker
    deur 'n winterdun nag -
    sy stol
    'n kiewiet skoor sy onrus roeserig waar bamboese
    (moeg geswoeg) in platgetrapte hope vrot

    sout sout taai teen binneblaaie
    en klammigheid raak vergete waar land en water
    hande los om elkeen sy eie weg te baan -
    sy stil
    hierdie aand sluimer teen 'n derdewêreldskuslyn,
    fyn borduur teen gevoude some

    sy wieg (groen geserp) op 'n verlate nanag strand -
    banneling vanaand (sonder spesifieke rede)
    tussen bonkige reste van calvinisme
    en hergebore wellus -
    gesus in wete dat sy ewig anders is.



    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 4:42 am