Dis laat nag en leef ek in my eie gedagte wereld,
Die slaap is besig om my te omsingel
Skielik kom die grou van die nag in ‘n donker
Gebied vol gate, ontploffings en klippe wat spat.
Dis vegvliegtuie en helikopters en nog wat.
Maar hier waar ek staan is my huis,
Hoekom regoor my huis hierdie swart gebied,
En skielik word dit alles hier wakker in my,
Die swart gedaante met sy pakkie van die nag,
Het weer sy sin gekry, in iemand wat verlore is.
So vinnig as wat hy verskyn
So vinnig verdwyn hy weer,
Maar dan is die gevaar klaar in aanskou,
Met ‘n gesig van aggressie kom staan dit hier voor jou
En vertel hoe onregverdig die lewe is.
Want skielik is die hele lewe in ‘n gemors
En word inspuitings en pille aan die orde van die dag.
Skielik word die swart van die nag die klippe en geveg,
‘n liggaam wat besig is om sy tol te eis
deur die geveg van verslaaf wees aan die onreg.
Niks beduidend loop ons deur die lewe,
Almal om jou so verkeerd as kan kom,
‘n nuwe gedaante verwisseling,
‘n liggaam wat sy eie pad volg,
Hoe het dit gebeur, dat dit vasgevang bly in ‘n web.
Sonder meer probeer jy ontslae raak van die beklemming,
Maar weer en weer, roep my liggaam om dit.
Uit op die strate op soek na meer,
Want liggaam kan nie meer sonder.
Blou ligte, sel deure, hoekom los hulle my nie net.