FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    My abakus

    Chantelle
    Chantelle


    Location | Ligging : Earth
    Posts | Bydraes : 15
    Points | Punte : 39
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-08
    Age | Ouderdom : 42

    My abakus Empty My abakus

    Post by Chantelle Fri 18 Nov 2011, 3:44 pm

    Sou ek in my kinderdae my woorde kon vasvang in die kleure van my telraam
    Het ek vandag in n legkaart my taal uiteengesit vir jou om te verstaan
    Want teen die mure van my gedagtes was my emosies in kleurkryt uitgele
    Die dag toe die klanke in my mond so baie in die atmosfeer wou se

    As ek maar net kon doen wat my hart daagliks van my verwag
    Sou die drome van iets nuuts gaan wegkruip het in die nag
    Jou disappointment sou ek dan in n koerantpapier kon toevou
    Terwyl ek die sonsondergang groet en jou woorde vir more hou

    Maar hier in die wit gange van my realliteit sit ek en praat met n akkedis
    Terwyl die fotos van ons twee enige moontlike verandering uitwis
    Nogsteeds praat ek met jou in die kleure van my telraam
    Dis goed genoeg vir my dat die kleur van groen my vir nou sal verstaan

      Similar topics

      -
      » Abakus

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 12:51 pm