FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Tussen treine (2)

    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Tussen treine (2) Empty Tussen treine (2)

    Post by Camsica Wed 11 Jan 2012, 3:24 am

    Dit is moordend
    hier op die perron
    by die stasie-
    jy lyk bedremmeld
    verlore tussen jou bagasie

    die trein fluit
    terwyl my kamera se kliek
    jou sku-skaam glimlag vasfoto

    ~~~~

    Die afgelope week
    het te vinnig verby gevlieg

    daar was te veel dingetjies
    om te doen
    (moes vir jou skryfbehoeftes gaan koop)
    te veel plekke om heen te gaan
    (klerewinkels is besig
    en die winter kom aan)
    te veel mense om te sien
    (almal in die buurt
    wou die verlore seun terug verwelkom)

    alles was net te.

    ~~~~

    Die girls se monde
    hang omtrent op die grond
    toe ons instap by Angels’ Wings

    jy wat talm in die deur
    terwyl goue sonstrale
    deur jou gebleikte hare verskiet

    vir ’n oomblik
    sien ek ‘n engel-
    my engel van hoop.

    Dit is hemel in jou
    gespierde arms
    jou bors is groter
    as wat ek kan onthou-
    jy is nie meer seun nie
    maar het man geword.

    Selfs jou reuk het verander.

    Ek lief om jou te ruik
    jou dampe naskeer
    vervang met ’n soet-bossie-geur
    se newels wat my neus kielie.

    Jou een hand rus
    laag teen my rug
    jy tiekie-draai my uit jou arms
    dan weer terug

    dan hou jy my weer
    intiem teen jou vas
    my voete sweef-
    my engel jy gee my vlerke

    Alphaville se song “Forever Young”
    was nog nooit vir my
    so mooi gewees nie.

    Jou lippe proe vreemd-bekend
    ek volg die barsies liggies met my tong
    die son-verfraaide buitelug
    het jou gelaat geleer
    jou wangbeen-lyne gebeitel-
    jou glimlag breër
    jou tande witter.

    ~~~~

    Laatnag lê ons
    onder ‘n sterre-kombers
    op ’n dennenaald-bed

    ons tel die maan se gate
    sien die lig in mekaar se oë weerkaats

    ons volg blindelings
    die Melkweg
    verdwaal
    tussen kurwes van planete.

    Toe die maan se strale
    deur ‘n blare-dak
    gieter
    is alles vir een magical oomblik
    tot stilstand geruk…

    Ons asems jaag
    ons hande strengel
    ons lippe sluit
    lywe inmekaar geanker

    vir een heilige oomblik
    plak sweet
    ons lyfteenlyf
    sielteensiel
    hartteenhart

    ‘n universiële oomblik
    waar ons een is

    ‘n universele oomblik
    wat soutpilaar in my hart.

    ~~~

    Die laaste trein-fluit
    verdoof ons intieme afskeid

    in die klik-klak van die spore
    raak my afskeids-woorde verlore.

    Dit is moordend
    op die perron by die stasie

    jy vensterraam-waai
    terwyl my kamera se kliek
    jou sku-skaam glimlag
    vir oulaas vasfoto.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Tussen treine (2) Empty Re: Tussen treine (2)

    Post by Rudi Coetzer Wed 11 Jan 2012, 3:47 am

    hierdie kunswerk van jou kan mens oor en oor lees...en verdwaal tussen die lyne..die treine...en die prentjie wat jy so kreatief met insig hier skets..n Besonderse werk....sien uit na Tussen treine ( 3 )
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Tussen treine (2) Empty Re: Tussen treine (2)

    Post by Camsica Wed 11 Jan 2012, 3:56 am

    Dankie skat...
    Louisa van Vliet
    Louisa van Vliet


    Location | Ligging : Elsburg
    Posts | Bydraes : 101
    Points | Punte : 173
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-04
    Age | Ouderdom : 64

    Tussen treine (2) Empty Re: Tussen treine (2)

    Post by Louisa van Vliet Thu 12 Jan 2012, 5:25 am

    'n baie besonderse gedig, dit laat my ver heen terug dink. Pragtige stukkie werk hoor.
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Tussen treine (2) Empty Re: Tussen treine (2)

    Post by Camsica Wed 25 Jan 2012, 3:10 am

    Baie dankie Louisa!!

    Sponsored content


    Tussen treine (2) Empty Re: Tussen treine (2)

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 7:09 pm