visse swem nie sommer tussen wolke
tog word seestrome vasgevang in ooptes tussen
hemel en oseaan, waar ons gewigloos dobber,
klodder saam met anemoon en 'n blinde maan
waar parallelle kwashale van koraal
rimpels uit swenkbewegings van getye haal -
die hart fnuik immers waar oë waterspieël
in refleksies van perlemoen
'n sig sag spoel teen geswolle wande,
dartel-raai in die skoppelmaai gewieg
midde een se waarheid
en 'n ander se soutbestande lieg.
© 2011 Almarie Truter