FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    'N BITTER BRIEF

    Lizelle
    Lizelle "Zany Zella"


    Location | Ligging : Scottburgh/ Umtentweni KZN
    Posts | Bydraes : 11
    Points | Punte : 29
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-15
    Age | Ouderdom : 62

    'N BITTER BRIEF Empty 'N BITTER BRIEF

    Post by Lizelle "Zany Zella" Mon 30 Jan 2012, 2:55 am

    'N BITTER BRIEF

    Môrestond vang my rondrol
    in linne-kreukels vol onthou,
    dwing my om te kyk na die nuwe uur-
    maar ek deins weg tussen waarheid
    en die helse pyn wat ek verduur,
    sal rugdraai en 'n koue skouer
    die klok laat stilstaan teen die muur?

    Ek het my siel in ink gedoop,
    'n lied vir jou gekomponeer;
    my woorde was fyn en teer,
    ek het jou alles van my hart geleer-
    ek het op kruine van Hoop gestaan,
    uit volle bors gesing oor hemel en hel,
    'n duisend stories het ek jou vertel;
    oor wanhoop en pyn wat vergewe is,
    oor die gebrokenheid wat my lewe is.

    Met vroeë môrestond soos nou
    het ek jou brief aan my oopgevou
    hier vloei heuning in ink, gemeng met gal,
    jy sê my hart was jou winterwarm vlam;
    jy skryf jou liefde was 'n rivier in vloed,
    ek was jou keer-wal en jou dam,
    nou sê jou woorde net jy moet groet.

    Jou brief breek in skerwe, sny my hande fyn,
    versplinter ons liefde soos 'n glas bal-
    ek verkrummel tot as, in hel en pyn,
    in die alfabet lê jou hoon besluit, dis al.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    'N BITTER BRIEF Empty Re: 'N BITTER BRIEF

    Post by Torm Sun 05 Feb 2012, 5:32 pm

    Goeie werk, het gestem.
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    'N BITTER BRIEF Empty Re: 'N BITTER BRIEF

    Post by Rudi Coetzer Tue 07 Feb 2012, 5:21 pm

    dis regtig baie mooi..en mooi verwoord..
    )maar dit voel of daar geen emosie in is nie....so byna matter of fact...so terloops...)

    Sponsored content


    'N BITTER BRIEF Empty Re: 'N BITTER BRIEF

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 6:39 pm