Vind gedagtes algaande om jou wentel
onverwags in my gesigsbeelde drentel
al meer na jou teenwoordigheid verlang
verhinder deur eie slingerslentergang
in drade van spinneweb styf vasgevang
soekend, nadruklik binne handbereik hê
in die holte van jou arms teenaan jou lê
jou hartklop met myne laat sinchroniseer
innige liefdesoomblikke saam waardeer
verstrengeld is ek, in spindrade vasgekeer
sien kaaktasters, klemmend nader beweeg
vrees gedagtes oombliklik vasvat, wegveeg
stry teen eindelose marteling van liefdesleed
van onredelikheid wat aan my wese bly vreet
daadwerklik verbrokkel, binne tydsaam opeet.
2011/12/01 Joan Lotz