FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jy ken my nie...

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Jy ken my nie... Empty Jy ken my nie...

    Post by Joan Lotz Fri 03 Feb 2012, 9:22 pm

    om goedsmoeds op die baadjie te wil takseer
    binneblaaie dra bekladde letsels van weleer
    mure, drif verberg, lewensverlange verweer
    sieleangs lewensweerbaarheid binnetoe gekeer
    nie weet hoe diep gevangeniskap verrinneweer

    jy het nie geweet daardie tyd was reeds verby
    hoe verbete, ongenadiglik ek daarteen moes stry
    handomkeer kopskuif moes maak, weer oor begin
    om lewe opnuut in die oë te kyk, vryheid te besin
    nie geweet hoe om ru diamante te slyp, te ontgin

    van my eie sieleleed ‘n gevangene sou word
    straf lewenslank, meer as leeftyd ingekort
    totdat ek om bevryding en genade moes smeek
    van alle vernielsugsbande losskeur, wegbreek
    ‘n gemoedstemming van vrede en liefde kweek

    jy ken my nie, die hole waarin ek eens verdwaal
    jy weet nie, hoeveel keer ek net die paal kon haal
    hoe die lewe in wreedheid om my siel sou smaal
    jy ken my nie, jy weet nie hoe diep het ek gedaal
    ek lewe, seëvier want, Iemand het my skuld betaal

    2011/12/24 Joan Lotz

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 6:16 am