FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    "ching cgong cha" kampioenskappe

    avatar
    etienne63


    Posts | Bydraes : 5
    Points | Punte : 15
    Join date | Datum aangesluit : 2012-02-07
    Age | Ouderdom : 39

    "ching cgong cha" kampioenskappe Empty "ching cgong cha" kampioenskappe

    Post by etienne63 Fri 10 Feb 2012, 1:08 am

    Spanning...my senuwees is gedaan...dis twee elk ..bertie "the thumb" koekemoer(die beste ching chong cha speler wat die wereld nog ooit gesien het) teen janneman "witblits" gouws(hy dink net hy is vinnig) ..bertie skiet hom met n sker en witblits skrik so groot hy gooi n papier ..bertie wen bertie wen !!!eks so bly ek spring rond...ek vergeet vir n paar sekondes dat ek nie in staat is om n "backflip" te kan maak nie en ek voeter oor die koffie tafel..dis net asbakies en chips en bierblikke wat trek deur die hele flat..ek kom op my maag te lande ..my dstv boekie val reg voor my oop met n inskryf vorm vir die ching chong cha kampioenskappe ..ek dink nie twee keer nie en skryf in..eks so opgewonde eks gat oor kop poskantoor toe ..die cut off time is 12uur op die kop.. Dis 10 voor .. Ek trek my ore plat en sluk n koppie spoed in ..eks soos n cheetah in die veld ek side step als links en regs ..ek voel so vry en lewendig soos daardie meisie op die titanic daar heel voor op die punt ..(Ek sien nie die lemon twist blikkie nie ..ek trip..ek vlieg deur die lug ..ek wetter neer en rol..."Doef"....binne in die posman vas .. Ekt die cut off time gemis ..hy kyk my aan deur sy brilletjies ..ek le daar en wys vir hom my koevert ..hy weier om dit te vat(ek wil dit nie doen nie maar ek moet ..ek maak my ogies groot ..my onderste lippie bewe..ek druk vir n traan..kom nu traan...ek druk so hard dat ek n broekhoesie lat glip..dit klink of my broek skeer)...die posman skud net sy kop..en stap weg.. My koevert ....my meesterbrein werk oortyd .."Wag"..ek staan op ... Ons is op n staredown..my hand is agter my rug ..hy sien dit ...laat val sy pos sak...(Hy weet presies wat nou gaan gebeur) ...sy hand gaan agter sy arm...mense om ons stop en staar ..dis n showdown...sweet perel ons voorkoppe ..die spanning is hoog ..die mense hou hulle asems op ek kyk hom stip in die oe.....ching .....chong.............cha !!!!! Ek dink klip (hy gooi klip) maar ek gooi papier...die mense cheer ..die posman sak neer op sy knee ..sy hande oor sy gesig .."Jys die een" ...ek vat jou koevert met liefde ..ek dink by myself .."Ja that's what I thought bitch"...ek gan sit op die sypaadjie ..eks baie kwaad vir myself..die realiteit kom trug ...hoekom het ek geloop as ek n kar het ???...paar ure later bel ek vi skippy om solank te pak os is opad monte casino toe vir die ching chong cha champs...ons stap deur monti ..die plek is gepak..orals lag en gesels mense oor die kampioenskappe...skippy neem weereens fotos van als en almal ..sy neem nog n foto van api wat kan shuffle toe iemand haar kamera gryp..ek skrik en gil soos n meisie .. Skippy klap my kop en ek onthou ekt my boomerang ingepak...ek mik en slinger ..hy trek met mening deur die lug...eweskielik is dit net ruite en glas wat breek orals..mense gil en skree ..dit trek almal se aandag ..my boomerang is reg deur american swiss en het al wat n glas kas en ruit gebreek..ek trek skippy aan die arm en "ons beter gatskoon maak.. as jy nie in die tronk wil slaap nie beter jy my volg .." Ons dodge en dive sekuriteit en kom by die plek waar ons wil wees ..die atmosfeer is asemrowend ..my eerste oponent is gary mcflurry van skotland.(Sy theme music begin speel..iets met bagpipes .ek sug..wens ekt bagpipes gehad)..ek trek my rocky japon aan en my theme music skree deur die vertrek."wild thing!! You make my heart sing!!".ek doen n dansie en wen die crowd se aandag....ek stof hom vinnig af en so gaan dit aan tot ek in die semi finaal kom.. "Nok su ka" n japanees...hys vinning ..soos n ninja ..eks nie bang vir hom nie ..bruce lee het al moelikheid gesoek met my en hys nou n poster ..ek gaan my secret weapon gebruik..ek sit altwee my arms agter my rug ..die countdown begin..ek mik met my regter hand en flous hom..hy gooi n sker..ek bring my klip na vore ..ek wen..hy wil nog skel en apeleer dat ek kroek..hy maak n karate ninja skop..ek piepie so biki in my broek en doen n wawiel wat eindig in n handstand.. maar onthou dat japanese anders reageer op die middelvinger..ek gee hom die "vinger" ..hy frons en kyk op..ek tree trug en en plant my regter voet op sy okkerneute ..sy ogies dop om en die stretcher dra hom weg ...ek draai om en sien vir bertie "the thumb" ..hy gluur vir my ..(shirbit ek sien hom in die final)..hy wys my n thumbsup en ek wil nog reply met een toe maak hy dit n thumbs down..ek rol my ogies ..ongeskite aasvoel as jy my vra ..ons het so tien min breek ..skippy kla en moun oor haar kamera wat nou weg is .."Toema skippy die wengeld is 50000 rand ..ek sal vir jou twee nuwes koop!" ..skippy is weer happy ..ek hoor the "thumb" se musiek .. Dis tyd... Ek lag biki vir sy liedjie.."I am the one and only" ...my musiek begin speel..die mense sing saam..ek kry hoendervleis ..ek stap uit en almal cheer mal .. Ons kom voor mekaar soos twee swaargewig boksers ..ons size mekaar op .. Ek knak my vingers vir effek ..die moesie op sy wang trek my aandag..dis asof dit vir my smile ..so groot bruin en harig ..ek wil dit poke ..dis asof dit my nader trek..hy klap my vinger weg en grom vir my .."Sorry oom"..en ek fokus weer...net een kans ...ek kan nie my secret weapon gebruik nie ..hy het dit klaar gesien.. Die countdown..ek mik met my linker hy val nie daarvoor..ek mik met my regter ..hy val nie daarvoor..ek mik met altwee hy en gooi papier..(Cheeetah reflekse).my linker vlieg uit en dis skerrr...ek kyk hom in die oe ...al wat uit my mond uitkom...SKERRRRRR kwagga !!!!.... Sy onderlip bewe .. Hy begin hyl..en hol arms swaaiend weg en tjank.. Wild thing speel weer ..die mense gan mal .. Ek doen n dansie en hulle tel my op ..niemand het nog ooit the thumb gewen nie ..wildthing ...u make my heart sing ...die mense bring n tjek ..n groote ..en n groot throphy .na .als kom skippy na my toe ...ek kry n koevert met die regte tjek in...ek skeer dit oop van exitement ...daar in my hand is n check van R35.39 ...ek frons (skippy gaan my hard donner.... Daars n nota by ..ek sug ...kom skippy kom ek stick jou vir n pie ...ons stap weg...met n knop in die keel en n laaste gedagte deur my kop.....american swiss het my boomerang se skade afgetrek........

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 7:27 pm