FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Kallie Kakhuis : Die onderhoud

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Kallie Kakhuis : Die onderhoud Empty Kallie Kakhuis : Die onderhoud

    Post by Rudi Coetzer Fri 10 Feb 2012, 1:31 pm

    Joernalis : “ Kallie , dankie dat jy ingestem het vir die onderhoud . ”
    Kallie : “ Dis ñ plesier . Ek gaan nêrens heen vandag nie . ”
    Joernalis : “ Hoe so ? ”
    Kallie (wat begin snik ): “ Aag ek weet nie…dit voel net of ek nêrens heen gaan nie …ek kry net nie rigting nie…my lewe is in ñ groef…ek ’s gestuck waar ek is . ”
    Joernalis : “ Hoekom voel jy so? Is dit omrede jy eensaam is ? ”
    Kallie : “ Nee , ek is nie juis eensaam nie . Piet Piskrip is ook mos hier . En hy is my beste vriend . Dis ook vir my lekker dat ons saamwerk . ”
    Joernalis : “ Nou Kallie , wat van Willem Wasbak , hou jy nie van hom nie ? ”
    Kallie ( terwyl hy rondkyk), fluister : “ Nee , nie eintlik nie . ”
    Joernalis fluister : “ Nou hoe dan so ? ”
    Kallie ( ja , ja , hy fluister nog steeds ) : “ Want hy noem vir Piet ‘ Ou pissie ’ en vir my ‘ Ou stinky ’ . Hy is ñ regte snob . Ek hou nie van snobs nie . ”
    Joernalis ( terwyl sy haar smile probeer wegsteek ) : “ Kallie , nou hoe lank al doen jy hierdie werk ? ”
    Kallie dink so bietjie : “ Vandat ek uit die skool uit is . Ehm…So 42 jaar . ”
    Joernalis : “ Sjoe , dis darem ñ lang tyd ! Jy kan dan seker nie meer te jonk wees
    nie ? ”
    Kallie : “ Nee , jy sien mos ek het al oumensvlekke . ”
    Joernalis ( terwyl sy bloos ) : “ Ahm…o…ek dog net jy is lanklaas skoongemaak …”
    Kallie : “ Nee sies man ! Probeer jy impliseer dat ek vuil is ? Dat ek nie gereeld geborsel word nie ? Ek word elke dag geborsel . Infact twee keer op ñ dag . Een keer in die oggend en een keer laatmiddag . Dis van al die jare se crap en ouderdom wat ek vlekke het .”
    Joernalis : “ Jammer Kallie . Ek het niks daarby bedoel nie . As jy enige iets anders kon wees , wat sou jy wou wees ? ”
    Kallie : “ Ek weet nie eintlik nie . Net nie ñ wasbak nie . ”
    Joernalis : “ Kallie , watter is jou favourite seisoen ? ”
    Kallie : “ Winter . ”
    Joernalis : “ Nou Kallie , hoekom juis winter ? ”
    Kallie glimlag : “ Want dis lekker om warm gesit te word as mens koud kry . ”
    Joernalis ( terwyl sy haar pose probeer hou ) : “ Dit maak sin Kallie . As jy een wens kon hê , wat sal dit wees ? ”
    Kallie : “ Dat ek arms gehad het . ”
    Joernalis ( baffled ): “ Arms Kallie ? Wat wil jy met arms doen ? ”
    Kallie terwyl hy sy gesig trek : “ Jong , dis maklik . Mens kry mos baie mense wat nie trek as hulle klaar met hulle nommer is nie . Dan kon ek ek myself getrek het . ”
    Joernalis (wat uitbars van die lag ) : “ Eskuus dat ek lag Kallie . Jy is net so ñ funny ou . Wat maak jou kwaad Kallie ? ”
    Kallie : “ Het jy baie tyd ? ”
    Joernalis : “ Ja ek het . En jy sit so lekker , ek kuier sommer heelmiddag . ”
    Kallie terwyl hy bloos : “ Jy sit ook lekker . Ek like stywe warm ferm boudjies soos joune . Ek is moeg vir bierpensboude en puisieboude en harige boude en…”
    Joernalis ( half geskok , half verbaas en heeltemal gevlei ) : “ Hoe weet jy ek het stywe warm ferm boudjies ? ”
    Kallie : “ Met so stywe jean en so petit lyfie kan dit nie anders nie….En jy sit my so lekker warm . ”

    Vir ñ oomblik is daar ñ gemaklike stilte .
    Joernalis: “ Jy het my nou so gevlei dat ek skoon van my vraag vergeet het Kallie . Waar was ons nou weer ? ”
    Kallie : “ By wat my kwaad maak . ”
    Joernalis : “ O ja . En ? ”
    Kallie : “ Een : Die mans wat vir Piet pass en in my kom pis. En die meeste donners lig nie eers die seat nie . Twee : Die arseholes wat hulle ding doen en my dan nie trek nie . Drie : Ek haat floaters . Vier : Spuitpoep . Ek kan dit net nie handle nie . ”
    Joernalis ( wat se oë traan soos wat sy giggel ) : “ Dankie Kallie . Dit was nou regtig die mees memorableste onderhoud van my loopbaan . Ek dink dan dit…ooeeehhh ! Eina !…uuhmmm ! Sjoe ! ”
    Kallie ( baie bekommerd ): “ En nou ? Wat gaan nou aan ? Wat ’s fout ? Is jy
    okay ? ”
    Joernalis( sweet slaan op haar voorkop uit ) : “ Aah ! Ooeehh ! Nee ! Aage nee ! Eeiinaahhh !Vreeslike maagkrampe . I’ll have to gooo … ! ”

    Sy staan op om te loop .
    Maar voor sy by die deur kom , weet sy daar is nie ñ kans nie .
    Joernalis : “ Ka…aall…llii…ieee….Ek gaan nooit die dogtertjies haal nie …Jammer…”
    Sy klap die deur toe , trek haar stywe jean ongelooflik vinnig af ( voor Kallie nog sy oë kon knip )
    En maak dit amper nie betyds om te sit nie .
    Toe klink dit soos ñ klomp Leeuwelpies wat bakklei oor een pasgebore Rooibokkie in die middel van ñ laatmiddag Hoëveldse donderstorm .
    “ Aag nee sies man ! ” gil Kallie “ ek het dan vir jou gesê ek like nie van spuitpoep
    nie ! ”

    Die volgende dag sit Kallie en Piet en gesels .
    Piet : “ Whahahaha !Kallie . Daai poppie het jou darem met ñ vuile gevang ! ”
    Kallie : “ Aaag Piet ou tjom , jy is net jaloers . Ek dink ek gaan ñ karkaatjie kry . Damn ! Sy het nie eers selluliet gehad nie ! ”



    ( 12/09/2008 13h19 )


      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 10:31 am