Hoe vul jy spasie
Die leemte in my siel, gebroke en verniel,
spandeer baie oomblikke gekniel.
Ek jaag tussen stasies,
soek jou in al die spasies soek genesing vir my siel,
die plek is wel verlate,
hier is geen teer net voetspore vir strate,
verlangend, verlore volg ek alle spore,
tweespoorpaadjies loop met draaitjies,
daar doer verby die see
stormsterk suidwester sal medisyne gee,
voel weereens verlore, die wind suis om my ore,
ek dryf uit op die see.
soos opgevoude blaadjies of dalk 'n klein traktaatjie,
voer die wind my mee,
die spasie diep hierbinne is om my te herinner
wat gedoen was en nog meer.
diep in gedagtes dwaal ek, 'n siel wat nog kaal is,
en stadig word ek van binne geklee,
oor baie dorre vlaktes, die land wat reeds verkrag is,
en die aarde wat nou skree,
hoe vul jy daai spasie met 'n siellose nasie
wat vir niks en niemand omgee.
© Barend van Huysen