FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Nuwe spore (1)

    Elmi
    Elmi


    Location | Ligging : Kaapstad
    Posts | Bydraes : 28
    Points | Punte : 70
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-07
    Age | Ouderdom : 55

    Nuwe spore (1) Empty Nuwe spore (1)

    Post by Elmi Thu 26 Apr 2012, 3:10 am

    Gister was jou eerste. Vir die eerste keer in twaalf jaar moes jy self gaan soek vir skoene na jou smaak. Ek kon vir jou sê waar ek dit altyd vir jou gaan koop het, maar ek kon nie namens jou kies nie. Wanneer jou keuse nou nie pas, of reg lyk aan jou voet nie, sal jy dit self moet gaan omruil vir iets wat jou pas. Jy sal dit ook self oor en oor moet doen totdat jy die perfekte paar skoene kry.

    Terwyl jy van winkel tot winkel loop, soek na die paar wat nie druk nie...die paar wat perfek pas oor jou hoë voetbrug, die paar wat jou effense skewe loop, regop dwing, die paar sonder veters, die paar wat ekstra blink na 'n polering, het ek tyd vir my eie gedagtes...."my kind, moet nooit vir jou man skoene koop nie. Moet ook nooit jou man se skoene polish nie...hulle loop met daardie selfde paar skoene bo-oor jou".

    Mag die spore wat jou nuwe skoene trap, spore van geluk en vooruitgang wees. Mag dit nooit weer spore oor onskuldige mense se rue wees nie. Mag jy ook van nou af net een ry spore trap, elke tree jou verantwoordelike eie.

    Elmi ©

      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 1:13 am