smal
en grys
sit sy daar
wie sou kon sê sy het alles
en almal
op daardie twee skouers kon dra
en sag gesels
draai die kop
bakhand luister
wie sou kon sê sy het alles
gehoor en geweet en altyd
ter wille van ander
gewerk
swaar gedra
met bene wat nou so dun lyk
hierdie oudag is rustig
en die hemel weet wragtig
sy verdien dit
terwyl sy immer
probeer luister en kyk wyl sy sit
en dra
aan soveel harte
© Torm 2012