ek wens ek kon
alle onreg vir jou verberg onder beton
en ek wens ek kon
aldag en heeldag
my net verlustig in jou warm hart se prag
en saam rose sny in die son
ek wens ek kon al jou seer besweer
as ek maar net dan en wan kan
en ek wil die duiwels
uit jou verlede verban
‘k wil die Genesis dorings en distels
met heil’ge vuur vir jou verteer
die vraag waarvoor jy
te veel styl het om te vra:
hoe lief is ek vir jou?
hoeveel druppels
in die Stille Oseaan?
© Torm 2012