weerlig blits en bliksem
teen blou druk koors rante
van my onstuimige drome se ink besmette leë woorde
kommas en spasies ego
deur bekende stom
droë maar maande
as gedagtes steeks donkie
bebliksemd vierspoor vas steek
in teenvoeter vir woorde wat wil
se vroë rustlose dood
nagmerries omgang
met bliksemse onweer
van kommas punte
en uitroep tekens
is dit maar woorde
is dit hoop
van niks
se leë oop spasies
BennyB
07/10/2012 © Barend Booysen