FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Die Sprokie

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die Sprokie Empty Die Sprokie

    Post by Claira Summers Wed 24 Oct 2012, 10:32 pm


    Eendag was daar
    n mensekind se storie
    n verhaal van eindelose glorie
    n sprokie van n opregte siel
    en die draai van die lewe
    se loop se wiel
    Eendag was daar
    n Ek sonder skroeiende pyn
    vriende sonder die oog se skyn
    geloof met geen twyfel
    kinders wat klein bly
    en tieners so ydel
    Eendag was daar
    n oupa wat eindeloos troos
    nog meisies wat bloos
    wolke so spierwit soos sneeu
    en die son op sy plek
    eendag was daar n skreeuende meeu
    n mensekind sonder sonde, onbevlek
    eendag was daar n sprokie
    van n gesonde, gelukkige lewende ek


      Current date/time is Fri 29 Mar 2024, 1:57 pm