FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Heilige trane

    Woordelose Waarheid
    Woordelose Waarheid


    Posts | Bydraes : 4
    Points | Punte : 8
    Join date | Datum aangesluit : 2012-04-11
    Age | Ouderdom : 29

    Heilige trane Empty Heilige trane

    Post by Woordelose Waarheid Mon 12 Nov 2012, 1:42 am

    Heilige trane


    Somber oë van die Heilige
    staar verslae na 'n gevalle wêreld.
    'n Wese van reine liefde
    verskeur deur hierdie wêreld,
    'n seun verruil vir leë beloftes.

    Bloed sypel uit die skedel van hierdie Seun
    vlees deur sweep gekeep,
    in liggaam gemutileer -
    “Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie”
    'n vergifnis-smeek vir die wat hom verskeur.

    Vandag se sondes 'n weerkaatsing van die verlede.
    Die Vader ween in ewigheid
    vir verlore volke,
    vir wie die louter hel se vlamme lek.

    God se pêrels voor die swyne
    met die wegraping wat klou aan die mens se strot.
    Hoeveel siele staar na ewige marteling
    of was Jesus net reddingsboei vir die drenkeling ?

    Helaas -
    Hy was immers op die kruis
    jou lewe Sy enigste gedagte

    © 2012 Jan-Daniël Schoeman
    BennyB
    BennyB


    Location | Ligging : Johannesburg. SA
    Posts | Bydraes : 259
    Points | Punte : 517
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 55

    Heilige trane Empty Re: Heilige trane

    Post by BennyB Sun 25 Nov 2012, 8:08 pm

    Jy stel nie teleur...Awesome!!!!

    What a Face

      Current date/time is Fri 19 Apr 2024, 6:18 pm