My Winterkas

    Net ek...
    Net ek...

    Location | Ligging : Krugersdorp, Gauteng
    Posts | Bydraes : 22
    Points | Punte : 49
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-16
    Age | Ouderdom : 40

    My Winterkas Empty My Winterkas

    Post by Net ek... on Tue 29 Jan 2013, 1:08 am

    Ek klim terug in my winterkas
    en kruip styf in my winterjas
    en besluit dis hier waar ek bly.

    Dis warm en snoesig
    en toe en weg.
    Weg van jou en my.

    Daar brand net 'n liggie
    en ek skryf my gediggie
    en ek wonder of jy sal onthou.

    Van die somer en die lag
    en die boodskappe elke dag...

    Nee... Ek bly nou net by my.

      Current date/time is Mon 16 Sep 2019, 9:58 am