’n fonkelkers op partytjiekoek
sprankelend brand jy
maar aanhoudend
en sprei jou ligkristalle uit
in die voorheen donker kamers van my hart
met hande saam omvou ek jou
skyn jy warmrooi deur die bloed in my vingers
wat my anders na myself laat kyk
in reeds biddend posisie
sê ek dankie
dat ’n deel van jou
altyd deel van my sal bly
en deel van my verpag aan jou
© Francois du Toit 2012