FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    ' No one compares to thee my love '

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    ' No one compares to thee my love ' Empty ' No one compares to thee my love '

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:42 pm

    jy is vars uit my lewe
    slegs kleine spoortjies nog hier en daar -
    'n steelfoto'tjie in 'n venstertjie van my beursie,
    'n memento opgetel in dougras
    iewers in niemandsland,
    'n half geskrewe vers met 'n inkblop
    waar ek jou binnehart wou pen,
    'n blou klippie,
    'n sonsopkoms,
    die reuk van koffie

    nou :

    nuwe geure van naskeermiddel en viriel-ryp-mans
    uitdagend dwarrelend saam met winter se glasdun asem,
    rose in kwaste van pienk, sonnegeel en koraal
    vul my woonkamer, my bed, die tafeltjie
    in my voorportaal

    minneverse vloed my inbox
    sms-gedrewe bravade bring okkerneute
    en wierookstokkies in gevlegde mandjies
    saam met fedex tot in die oprit voor my huis;

    in my voortuin staan 'n nuut beslaande kruis
    getooi in skarlaken linte, beloftes en
    soene vol smag
    handgeskrewe versoeke wat lui :
    'laat my toe om my hart te wys'
    'sou ek jou drumpel kon betree?'
    'ek wil jou asem sluk, as ek mag'

    maar

    niemand anders kan vergelyk
    kan naastenby soos jy proe of ruik..

    Daar is net een soos jy my lief.



    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Sat 20 Apr 2024, 1:04 am