FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Koffie op die trappie -Maart 2006

    avatar
    Guest
    Guest


    Koffie  op die  trappie -Maart 2006 Empty Koffie op die trappie -Maart 2006

    Post by Guest Sun 18 Sep 2011, 11:36 pm

    So sit ek vanaand en dink aan my storms wat so sommer van nêrens af in my
    kop in gewaai het so sonder wolke op die horison en donderweer om hom aan
    te kondig, sit op die trappie, en dink aan n vriendin duisend of twee
    kilometers ver met haar eie donderstorms, en reik uit, maak vir haar ook
    koffie, en nooi haar om so siel teen my siel te kom sit hie op die agter
    deur trappie, dan drink ons koffie en dink aan die kleintyd, die gelukkige
    dae. Die dae toe ons nog ons skool rokke somme so in die skool panty se been
    rekke gedruk het, die vlegsels oor die skouers gegooi het en die grootste
    en knoppigste wille vy boom sonder skroom aangedurf het!!

    Die gedagte aan daai boom laat my vandag ril!!! Ek het die vetste naarste
    harrigste bobbejaan spinnekoppe in daai boom gejag met n passie, tot ek hom
    in n canfruit bottle met groot genoeë geseël het,….eish. dan onthou ek
    daai arme beskerm engel van my en die res van my trawante, daai arme wese
    het sy hande vol gehad ek is seker, het seker ok maar net sy oë toegeknyp en
    gekeer, dink selfs hy het ons party dae ook maar veilig gebid!!

    Ek onthou hoe ons almal die strate af gesleep het, met fietse met joker
    kaarte in die speke, onthou hoe die tannie van oorkant met die klein
    babetjie altyd vir die pos jong se fiets gewag het, met die krul kop
    dogtertjie op die heup, en hoe daar een skemer aand terwyl ons in die
    straat gespeel het, stadig n voertuig met onbekende nommer plate en ooms
    met army step-outs en besem snorre by haar huis tot stilstand gekom het, en
    sy daarna nooit weer vir die pos gewag het nie en ons ma’s gesê het ons
    mag nie meer voor haar huis speel nie ons moet eerbied hê, nie dat ons
    geweet het wat dit beteken, maar sy het later getrek en toe het daar mense
    met 5 kinders en n groot hond ingetrek en vir n baie lang tyd, het ek nie
    weer gewonder oor die tannie met die krulkop baba nie.

    So kom die onthou so stuk stuk terug, onthou oupa se konsertina so op sy
    vel vou stoel net daar in die tuin tussen ouma se gesiggies en krismis
    rose, onthou hoe fyn kon hy met sy Josheph Rogers biltong kerf , so een vir
    my, een vir hom, en een vir Koos die Foxterrier. Ek onthou hoe ek op die
    kraal muur gesit het terwyl hy melk en hoe my kinderlike opmerkings oor
    kallers en koeikies hom so saggies tjie tjie laat lag het onderlangs, ek
    kan onthou hoe lyk hy met sy ernstige gesig op n Sondag oggend in sy swart
    pak, oppad om die koster se werk te loop doen,en die klok te lui voor
    dominee Van Staden by die kerk aankom. Ek onthou die silwer armband met my
    naam op wat hy vir my gebring het al die pad van die Noord Transvaal, toe
    my blindederm op agt uitgehaal is, en onthou hoe hy kwaai was toe ek n week
    later op die jeep gerits het om saam pa te gaan visvang in Richardsbaai,
    min gepla oor die steke wat nog nie eers uit is nie. My ouma met haar groot
    bo arms van jare se knie, skrop en slag het net haar voorskoot wat na
    boerseep geruik het oor haar kop gegooi vir my manewales , dat die
    kleingeld so uit die voorskoot sak oor die stoep trappies rol.
    Dit was my laaste vakansie saam met oupa hy is net daarna dood aan n hart
    aan val en ouma het vir jare lank so begin huil en die voorskoot oor die
    kop gegooi as iemand van oupa gepraat het.


    Ek onthou my tiener jare, het daar ook maar die beskerm engel moeg gemaak,
    was n koshuis brak en het maar duidelik katte kwaad aangejaag, oor twaalf
    voet heinings geklim in die skool swembad in,
    Maar onthou ook hoe ek as standerd sessie baie groot “juf “was met my
    onder 16 rugby kaptein, hoe ons skaam skaam in my baadjie sak op die
    paviljoen hande vas gehou het, en dan weer sommer paar dae later saam met
    die res van die wille wragtigs van die skool se dak- drie verdiepings ver,
    op die hoog spring matte gespring het, en ek natuurlik die baba tussen die
    lot, maar kon tog nie se ek is bang, meen hoe sal dit nou lyk het maar net
    oe toe geknyp en gespring!!! --------mind you dink ek doen dit nog vandag,
    knyp oë toe en spring-------

    So het ek menigte keer in situasies beland want ek was die voorbok se
    kleinsus en as ek saam met die groep wou speel, dan moes ek maar die waag
    toertjies aanpak, saam die koshuis verspoel met die fire hose, saam gaan
    surf bord ry en kreef duik. Maar tussen ouboet en die beskerm engel het ek
    darem heelhuids daar uit gekom!!

    En skielik was ek by amper groot, en het ek langs n oop graf gaan staan,
    vir die weermag boyfriend wat met n motorfiets verongeluk het net ander
    kant Grahamstown, op pad na sy ma se kos, sy pa se lag en fliek en koffie
    saam my. Skielik was dinge anders, en het ek opgehou wille wragtig wees.
    En ek het onthou van die vroutjie met die krulkop baba en “eerbied”

    As ek so aan al daai wille spronge dink en al die storms, dan se ek
    maatjie, hang in there, kom vat my hand dan spring ons, ek is seker ons
    beskerm engel sal die spring matte vir ons reg skuif, sal sy oë toe druk
    maar hy sal keer, hy het nog altyd,
    So sit met jou siel hier styf teen myne, en drink jou koffie voor dit koud
    is!!

      Current date/time is Thu 28 Mar 2024, 4:06 pm