Ek kry vir Nomsa so jammer as sy by die Djirre haar hart gaan uitstort. Soos meeste van jou werk is hierdie n treffende vers wat die hart en dialek van die mense in jou wereld verstaan en met kunstigheid en eerbied met dit omgaan.
Jou werk bly vir my n belewenis soos om klein en mooi skulp verassings op die hoogwatermerk op te tel en te bewonder.
Dankie vir die erkenning wat jy deur jou kommentaar aan my verleen aangaande my passie en diep inner liefde vir my streek se mense..... Ek is 'n kaalvoet weskus vrou wat my mense daagliks soos 'n klein blou wolkombersie om my skouers drapeer, want hulle maak my rug toe en help om my as mens te definieer ... 'Nomsa' is vrou, in eenvoud, maar haar hart en binne rou geensins ander as die van die universele vrou.... haar 'eenvoudige' konfrontering en benadering tot haar God, sprekend van ieder van ons se seer, verlies en konfrontering van daaglikse verhoudings en hart-aangeleenthede... Sy is kind van my wêreld, sy is vrou, dus ook ek..... Dankie weereens vir jou lees en inset...dis kosbaar vir my!