IS EK – OF IS EK NIE
Die geklop aan die voordeur bulder deur die doodstil huis. Kleinsus slaap nog rustig en ek is nou net klaar met die voetspoortjies op die bad. “Ek kom...” Ek drafstap na die voordeur en onthou dat ek nog nie vanoggend in die voordeel van die huis was om dit oop te maak nie. Ek vler dit oop sonder voorbedagte rade en ek word yskoud.
Voor my staan n vrou wat my na my asem laat snak. Ek meen hel, ek is n getroude vrou en ma van drie wonderlike wesens, maar sowat van deur n ring trek ek lank laas gesien. Haar hare le nie een uit sy plek, sy dra n Clair Nouvoh Femail suit. Haar hoe hak skoene sal ek nie kans sien om mee te loop vir vyf minute nie. Ek meen die strepies in haar hare is maklik ses verskillende kleure en seker met n liniaal afgemeet. Soos my oe oor haar spoel van kroontjie tot toontjie verstar my gedagtes eweneens by haar hande. Ek wonder met eens hoe op die aarde sy enige iets kan doen met die yntjie grouers wat maklik ses cm lank lyk. Dis bloedrooi geverf en al moet ek self se pas perfek by die bloedrooi nommertjie onder die “Tailormaid” baadjie van haar vroue pak.
Na ek my verstar het aan die vrou voor my, besef ek sy doen dieselfde met my. Ek kyk ongemaklik af na die pantoffels aan my voete en besef met n skok dat ek sewe wasgoedpennetjies aan my huiswerk t-hemp vas geknip het. Asof die skok nie groot genoeg is nie, besef ek dat daar nog nie eens aan my lekker geslaapte deurmekaar hare gedoen is nie, om nie te praat van die ongegrimeerde gesig waaraan sy haar delikate gelaat moet blootstel nie. Genade, die arme vrou voel seker baie uit haar plek.
Na die skok op albei se gesigte ietwat verlig het, kry ek die eerste asem in om te groet. “Goeie more dame, kan ek help ? Soek U na iemand ?” vra ek heel self versekerd en sonder om te laat blyk dat my pantoffels die wasgoed penne en o ja toe sal ek die vierde skok deur my gestel laat peper. Ek het pragtige geel huisvrou handskoene aan en n potlood agter my oor. Ek voel hoe ek bloedrooi bloos toe daar n ongemaklike stilte tussen die buite en binnekant van die deur neerdaal.
Ek sien hoe sy stadig haar delikate brilletjie laat sak en haar bloedrooi lippies op mekaar druk voor sy snedig antwoord: (sy maak funtjies keelskoon ) “More, uum nee mev ek dink iemand het vir my die verkeerde adres gegee. Ek verkoop grimering en velprodukte en het n one on one by iemand vandag, ek glo nie dit is hier nie.”
My hart verlaat my vir n wyle en dan se ek die enigste ding wat my n sweempie “dignity” sal laat behou. “O, ja nee dis beslis nie hier by my nie. Probeer langs aan. Totsiens”
Ek kon nie wag om die deur toe te trek nie. Ek staan soos n soutpilaar en skraap dan moed bymekaar om deur die loer gaatjie te kyk of sy weg is. Sy stap stadig en baie versigtig die trappies van my stoep af. Sy kyk nog geskok na die toe deur en skud haar kop in misnoe met wat sy nou net aanskou het.
Ek draai om maar bly vir n hele wyle staan in die voorportaal. “Is ek, of is ek nie” wonder ek in stilte. Is ek genoeg ? Kyk na my en dis al tienuur in die more, kyk na hoe ek lyk en wat ek doen vir n lewe. Ek skrop vloere, was baddens en was en hang klere op. Om nie te praat van die torings vuil skottelgoed, potte skuur, toilet skoon maak. Dis ek nou en hier, ek is sewe en dertig jaar oud en dis my lewe. Ek stap verslae na die sitkamer bank en gaan sit in sak en as. Liewe aarde wat moet die vrou van my dink. Sy kan nie eers glo dat daar n moontlikheid is dat ek ook grimering of velsorg produkte wil koop nie. Ek sit daar in die donker sitkamer doodstil. Die gordyne is nie oopgetrek nie, en die voordeur is weer toe.
My selfoon se gelui skeur die stilte middeldeur toe hy langs my in my sak tekere gaan. Ek laat hom begaan, wie sal my nou wil bel. Na hy uiteindelik gestop het om te lui loer ek om te sien wie dit was. Dis my beste vriendin, daar is n boodskap gelos. “ Helo Claratjie, dis Melanie. My skoon suster was nou net by jou huis, maar sy se jy het haar weg gewys en nie baie goed gelyk nie. Wat gaan aan vriendin ? Jy het verlede week al gese sy kan met liefde oorkom om n demonstrasie te doen van die nuwe velsorg produkte, inbox my”
Ek sit nog n rukkie in die donker kamer en onthou wel dat ek so gese het, hoekom ek ja gese het kan ek nie verstaan nie. Gebreek en met geen self vertroue begin die gedagtes maal in my kop. “Wat maak ek hier? Hoekom lyk ek nie meer soos die vrou van vyf jaar terug nie, hoekom voel ek nooit lus vir mense nie, hoekom hoekom ? Is ek of is ek nie ? Genoeg, vir die mense in my lewe. Mooi genoeg, slim genoeg, goed genoeg. Of is ek maar net die “Bediende” wat nie betaal hoef te word nie, wat gerieflikheidshalwe inbly en so nou en dan by die baas gaan le.
Waar was ek vir die week vandat ek die afspraak goedgekeur het, hoekom het ek vergeet ? Is ek of is ek nie ?
N Beweging in die gang trek my aandag af, maar my reaksie is traag. Om die hoekie steek n krulle dos uit en daarmee saam die mooiste paar bruin ogies en n bree glimlaggie. “Hello mammie !” dit weergalm deur die stil huis. Sy hardloop nader, uitgelate en in verwondering. “Ek het gewonder waar mammie is ?” sy gooi haar armpies om my ned en gee my n lekker soentjie op die punt van my neus. “Ek is lief vir mammie tot by die see, jy is vir my baie mooi!” Ek word tot my knie gedwing. En in geheim oor haar skouertjie vee ek die traan op my wang af. “More my nooi, het jy lekker gedudie ? en ek is lief vir jou ook tot by die see, en nee sommer tot by die maan en jy is vir my pragtig” ek hou haar in my arms vas en besef: “Ja, ek is genoeg” lief genoeg, goed genoeg en mooi genoeg, en dit sal nooit verander nie.
Wel, miskien moet ek net vroeer hare kam en aantrek.
(n Ode vir elke Huisvrou wat nie genoeg voel nie)