FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

4 posters

    sprokieswoud

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    sprokieswoud Empty sprokieswoud

    Post by Torm Sat 29 Oct 2011, 4:41 pm

    die wonder van osmose en chlorofil verskuil
    in die skitterspel van blare se lig
    en donker
    met spinnerak en dou
    tot by die rusplek van ʼn uil

    maar waarvan ek
    die meeste hou
    is die ongesiende
    wat is nog nie ontdek nie agter
    elke tydgetorringde stam
    en die rou biologie
    van elke wilde ranker

    na jou wortels lig ek my ankers
    weer en weer
    soek lafenis vir my seer
    in groen
    en ek tel die blare tot by miljoen
    verby...

    © Torm 2011
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    sprokieswoud Empty Re: sprokieswoud

    Post by Enid Sat 29 Oct 2011, 4:50 pm

    stunning, sag en rustig gestel Torm Smile
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    sprokieswoud Empty Re: sprokieswoud

    Post by Torm Sat 29 Oct 2011, 9:04 pm

    Thanks Enid . Ek waardeer. Cool
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    sprokieswoud Empty Re: sprokieswoud

    Post by AmmieMoon Sun 30 Oct 2011, 1:27 am

    Sommer aan die begin het jou titel my reeds gevange geneem...en die vers was 'n kroon op leesgenot....hier praat jy die taal van my natuurkind hart ! Pragtig Torm! Like a Star @ heaven
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    sprokieswoud Empty Re: sprokieswoud

    Post by Rudi Coetzer Mon 31 Oct 2011, 6:53 pm

    Hierdie vers van jou is groots.
    Duidelik het jy n aware-siel.
    Hoed af vir die ene.
    Uitstaande werk.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    sprokieswoud Empty Re: sprokieswoud

    Post by Torm Fri 09 Dec 2011, 6:03 pm

    Baie dankie Rudi en Ammie.
    Ek is nie een van die 10 digters nie maar net for the fun of it het ek die foto wat die gedig geinspireer het, op Freestyle FB geplaas. Sien die foto "sprokieswoud" wat pas by hierdie gedig.

    Sponsored content


    sprokieswoud Empty Re: sprokieswoud

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 17 May 2024, 2:06 am