FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    want die sterre voorspel

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    want die sterre voorspel Empty want die sterre voorspel

    Post by AmmieMoon Sun 06 Nov 2011, 7:25 pm

    klepels luier teen gegote luid
    en die stad ontwaak onder vlerkgegons
    van skutbrons duiwe -
    oggendstond laag op laag om gebed-oud knieë

    priesters en profete pluk wonders uit die uurwerk
    van verlede tyd om kraakvars op te dien
    met melk en heuning -
    doem verbloem in die koorsang van gevalle engele

    stil prewels van binne-buik bewoners
    beding halfprys kompromieë terwyl hulle treë tel
    na nog 'n voorhangsel wat gaan skeur

    dag en datum word gelyn tussen sterre en
    planete, gesweer teen kristalbou profesieë
    deur die vlammegloed van nog 'n oordeelsnag

    sonde dans 'n loslyf riel wyl vromes eerbiedig kniel
    om 'n voetbank in die koninkryk te boek,
    armes van gees drentel wees
    want kennis ontbreek oor waar die ondier
    gaan kop uitsteek

    teen toiingrige some van 'n gevalle wêreld
    kabbel stil waterstrome in die afwesigheid
    van nuwe dissipels om te dompel in
    wedergeboorte

    'n stad se poorte onbewaak
    waar koning en onderdaan bakhande staan -
    smekend vir opgaar koring en vars genade.


    © 2011 Almarie Truter
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    want die sterre voorspel Empty Re: want die sterre voorspel

    Post by Claira Summers Sun 06 Nov 2011, 8:58 pm

    Baie Goed gedoen Ammie. Jou vars woord keuses is vir my baie goed.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    want die sterre voorspel Empty Re: want die sterre voorspel

    Post by AmmieMoon Tue 08 Nov 2011, 12:38 pm

    Baie dankie Claira, altyd lekker om jou kuiers op my werf te lees.. Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    want die sterre voorspel Empty Re: want die sterre voorspel

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 6:55 pm