Jy vat jou tyd,
jy trek my uit,
jy graaf my oop
klee my naak
voor jou.
'n Wag,
tussen huiwer en smag,
om te bied wat ek het,
maar jou oë bly leeg
ek is te min
om dit vol te giet.
Jy begin my weer
koorsig klee
om my geslagsdrif te bedek,
maar helaas
my huisrok pas nie meer,
in een minuut
ontbloot voor jou
het ek dit ontgroei,
te klein geword
vir hier
en
vir jou.
Jou streelnaam vir my
eggo nog hol in die kamer
slegs 'n swanger sug
Jy kyk nie eenmaal om
toe jy wegstap
oor jou vryheidsbrug..
© 2009 Almarie Truter