FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Verraaier

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Verraaier Empty Verraaier

    Post by AmmieMoon Wed 07 Sep 2011, 4:40 pm

    Jou sedisie
    stap die huis binne,
    gooi besope skadu's
    teen kosyne,


    veraf woed doodsreën

    teen die ruite,
    druppels
    wat dralend drup
    om te oksideer
    teen glas

    jy seël my

    met jou judaskus
    en ek lees in jou wegstap
    die perfide geëts
    in jou skouerblaaie,


    jou mefitiese jas
    deurweek
    van
    edelvrot

    in een wandaad

    verruil jy my
    vir 'n verrotte vrug,
    voos gepers
    deur jou gruwels,


    verpulp tot niks,
    negeer jy ons
    tot
    niet

    gevlam, vul jou hoonlag

    die stilte in die gang,
    herskryf jy

    hierdie latente
    ou testament.


    © 2009 Almarie Truter
    ( 4 Nov. 2009 )
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Verraaier Empty Re: Verraaier

    Post by anderkant Wed 07 Sep 2011, 9:44 pm

    Ams, genade - ek is stom. Die laaste vier strofes is 'n dwarsklap en maak snaakse emosies wakker. Hiermee bevestig jy weereens waarom ek jou "mind" so respekteer en waardeer.

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 12:30 pm