FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Jaarling

    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Jaarling Empty Jaarling

    Post by Claira Summers Mon 14 Nov 2011, 4:43 pm

    Gruwel-grou graniet
    staan in sak en as
    die dooies
    wek die lewendes op
    maar alles is verniet
    betas die lewering
    van allerlei pyn
    verpak in koppies sneeu
    grou oop die grafte
    las aan die dag
    verlustig die onthou

    Gruwel-grou graniet
    staan in sak en as
    onderaardse nagmerries
    word hier bo
    deur bloed veras
    aan lewens aan gelas
    ontlslape resensente
    van dramas opgetooi
    die draers van die dood
    deur helle-vuur ontdooi
    van dagbreek onophoudelik
    van trane in moederskoot
    verdraai die lewens
    tot elk niks
    die einde is ontbloot
    hul lewens word een monument
    om hul oervaders te erken
    sonder skuld en sonder rou
    le hul grafte oop en grou

      Current date/time is Sat 27 Apr 2024, 5:54 am