die moederstad staan weer op haar knieë
wyl die berg poppekas tussen hemel en aarde
hoe gering geskat na waarde, hierdie beloofde land
ek skreef yl deur môrelig, beskaamd die hoop om jou
te sien spikkel teen berghange, maar jy mos in grotte
waar jy eiehandig die poort na son met klippe stapel
Jirre, ek smag om jou te sleep na lig, na waar protea
en fynbos klad teen enkels van wandelaars en
soekers van blou
na waar afstand en hoogte kwyn tussen my en jou
maar jou wroeg skif souterig teen die aandwind
en jou gedigte flapper oor die hawestad,
woorde swaar belaai met geel kwashale uit van Gogh
se sonneblomme en sterbelaaide nag (nou bleek en stom)
sien jy waar die engele dans om Duiwelspiek my lief ?
dis waar jy hoort
dis waar jy hoort
by my.
© 2011 Almarie Truter