Tussen die simfonie van grasgeluide en n tor in my kop wat rebelleer
Het ek die diepte van jou bestaan in duisende trane gedrapeer
Vasgevang op n park bench sit ek in een vraag hier saam met jou
En die sonlig gryp my traan, diep binne die hoeke van jou mou
In leegheid sit ons hier, omhels deur n winter son se magtelose troos
Te bang om na mekaar te kyk, want ons gedagtes raak so broos
Maar dis hier waar ons in vlees vir die eerste keer kon ontmoet
Terwyl trane van seer soos ou vriende mekaar in leemte aanhou groet
Kon ons maar net vir nou, die horlosie se wyser vir n oomblik langer keer
Om ons harte stil te maak en te lag bo die eindelose seer