dag deins deur oggendmis waar Breyten sy slap vlerke
om haar vou, haar hand (wat die koffiebeker vashou)
effe bewerig van rimpelings op die bad
glip sy tot waar die laaste deining in silwering verdwyn,
harders en sardiens in skole om haar middellyf refrein
wyl 'n skaamhaai skimmelrig sy pens teen seebodem skuur
heilig is hierdie uur
die maan krimp 'n jaar tot slegs 'n korrel in die uurglas -
'n traan op haar wang bly sonder biggel hang
toe sy vars (en vir oulaas) die lettergrepe van sy naam
ritmies uitasem.
© 2011 Almarie Truter