FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

+3
gypseyrose
SWERWER
AmmieMoon
7 posters

    'n Koninklike lamp

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Koninklike lamp Empty 'n Koninklike lamp

    Post by AmmieMoon Mon 28 Nov 2011, 4:44 am


    maak my 'n lewende fakkel
    draai my toe in linne en vlam my lyf tot offer
    laat my lig versprei verby jou donker
    laat my wit jou vlek,
    laat my vlees verteer tot meer as ek

    en as branders in die nadraai van my lig
    duister dinge fluister
    feite van my naam, my herkoms en my lewe
    laat dan my olie drup tot branding vir my godgegewe nageslag.


    © 2011 Almarie Truter
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by SWERWER Mon 28 Nov 2011, 8:54 pm

    Ammie

    Lig hou nooit op reis deur die heelal nie en al sou jou offer n ander se donker verlig sal dit nog verder gaan om vir ander ook die pad te wys, geslagte lank. Alles wat in die duister gebeur sal blootgele word deur die lig!

    n Baie intense en diep vers wat die diep en onbaatsugtige natuur van jou siel verklap.

    SWERWER
    avatar
    gypseyrose


    Posts | Bydraes : 6
    Points | Punte : 6
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-28
    Age | Ouderdom : 53

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by gypseyrose Mon 28 Nov 2011, 8:56 pm

    Hierdie gedig is fenomenaal!!! Soos meeste van jou gedigte wat kom van 'n geniale brein!!!Ek staan soos altyd stom voor so groot Goddelike gawe en talent!!!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by AmmieMoon Mon 28 Nov 2011, 11:13 pm

    Johan...jy verstaan....dankie .. Like a Star @ heaven
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by S.J. du Plessis Tue 29 Nov 2011, 4:47 am

    Lig verplaas donkerte...dit kan die kleinste ou kersliggie nie eens heeltemal oorweldig nie...dit MOET swig en weggee voor die lig: dit is 'n natuurwet. Goeie vers. Like a Star @ heaven
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by AmmieMoon Tue 29 Nov 2011, 11:39 am

    Dis verseker......en die van ons met 'n nageslag se verantwoordelikheid soveel groter om ons lig na te laat ! Dankie SJ ! Like a Star @ heaven
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by Rudi Coetzer Tue 29 Nov 2011, 4:06 pm

    nou ja....toe doen jy dit.
    skryf iets groter as profound in 9 reels en 2 strofes.
    (maybe is dit time dat jy daai ou liggaam van jou verlaat.....by die agterdeur uitsweef....(nee,sonder om soos n heks te lag...)...omi huis....tot by jou kamervenster...dan loer jy bietjie vir jouself deur die venster(nee man,nie op jouself perve nie!...).....en neem bietjie goed waar...vat jou tyd..hang daar in die vars koel aand-luggie.....(ja,jy kan maar wapper ook as jy wil...)....neem jouself in....kyk jouself goed op en af....eers buite ja....draai om,en n paar keer in die rondte...sodat jy jou agterkant en alle kante kan bekyk....dan stop jy..en kyk sieper...dieper..ja,binne-in..tot in die verste hoekie van daai brittle ou selfbeeld en persepsie van jouself....verby al daai baggage en shit wat jy so sorgvuldig bymekaar gemaak het oor eeue....(en wat jy so manies oppas en beskerm...)....kyk jouself goed deur van binne af.....elke hoekie en donker plekkie van daia ou hart...kyk ook onder elke matras en mat van daai ou siel....Klaar gekyk>?...goed:tree nou effens terug...staan so een tree weg van jou agterkant......is jy daar?..maak nou jou oe groot oop....en skop jouself so hard as wat jy kan,met elke onsie van jou issues,seer,duistere geheime,haat,woede en elke emosie wat jy kan bymekaar muster,....ook tonne liefde op jou eie gat....so hard dat jy jou kop teen die oorkanste muur laat vasklap.....okay.Nou is jy by...en in November 2011...(die 29ste om presies te wees....giggel)...nou vlieg jy by daai venster weg....(jy kan poep vir meer spoed)..tot bo-op jou dak.Dan tuur jy vvveeeerrrrrrrrr oor die see uit.Wat sien jy?
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by AmmieMoon Tue 29 Nov 2011, 7:50 pm

    Damn, die skop op myse gat was so hard dat ek tydelik met blindheid geslaan is....ek gee op, wat sien ek ?.....giggel Like a Star @ heaven
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by Rudi Coetzer Wed 30 Nov 2011, 2:26 pm

    JOu hele toekoms wat blink voor jou le...wagtend op jou om nie net die beste te maak daarvan nie,maar die wereld en die lewe met regop skouers(terug getrek),ken opgelig,in die oe te kyk...met confidence(nie met arogansie of high polaai shit/geit nie)en trots en om elke dag jou beste te gee,vir jouself....gisters is verby en weg..en jy kan niks change daaraan nie.....so,kry daai selfbeeld reg,kyk elke oggend in die spieel en se:eks eintlik heel okay...
    as jy nie in jouself glo nie,hoe kan ander?
    en as jy dink jy suck,waarom gaan ander nie ook so dink nie.
    OOOOOOO>EN DAAI NEGATIEWE SELF-TALK....DIT WERK NIE EN IS TOT GEEN VOORDEEL NIE..STOPPIT!NOU,...NIE MORE NIE:NOU.SE EERDER FOKKOL....EN AS JY DIT REGKRY VIr 1 MAAND,DAN TRY JY POSITVE SELF-TALK.....(Psst:jy sal nogals surprised wees watse verskil dit aan jou selfbeeld,jou binneste,jouself en jou lewe gaan maak.....).....watch out world: die regte Ammie is on the loose.
    Very Happy
    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by Gerrit Hermens Thu 01 Dec 2011, 1:33 am

    Soos Rudi dit heel gepas gestel het: Profound!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by AmmieMoon Sun 04 Dec 2011, 2:33 am

    'n spirituele gedig ja.....dankie Gerrit ! Like a Star @ heaven
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by S.J. du Plessis Mon 05 Dec 2011, 11:09 pm

    Dit kan ook as 'n goeie beeld vir die skrywersproses gesien word: ons skryf dinge wat ons harte aangryp, oor die lewe en dies meer...soms affonteer ons skrywes ander (dan vlam hulle ons van bo tot onder, en die nadraai, die branders wat dit skep as ander dit verkeerd opneem en sleg daaroor praat en ons naam daaraan gekoppel...) maar ons wil maar net skryf en tog iets vir ons nageslag nalaat, 'n stukkie lig vanuit die diepte van ons hart. Baie besonderse woordkeuse soos altyd.
    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by Gerrit Hermens Mon 05 Dec 2011, 11:52 pm

    Nou DIT like ek baie! SJ, dis awesome hoe 'n skrywershart meer in iets sien as bloot dit wat daar staan... Awesome!!! Nog meer punte vir Mond Frau!!!
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by S.J. du Plessis Tue 06 Dec 2011, 12:14 am

    'n Baie nederige "Dankie heer Gerrit..." (My ouma sou nou gesê het: "So 'n mansmens-bek moet jam kry...") Smile Maar ek wil nou nie hier op Ammie se pragtige verse haar skitterende liggie steel nie...sy verdien dit opreg. (Dankie in elkgeval.)
    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by Gerrit Hermens Tue 06 Dec 2011, 12:54 am

    Very Happy
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by AmmieMoon Tue 06 Dec 2011, 5:47 pm

    ....en die wonder van skryf le juis vir my gesetel in die vele dimensie van interpretasie vlakke wat tussen woorde ingeweef kan word (iets wat ek doelbewus doen)....Dankie dat jy die uitgelig het Susan... Like a Star @ heaven
    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by Gerrit Hermens Thu 08 Dec 2011, 6:35 pm

    cheers
    Enid
    Enid


    Location | Ligging : Wes Kaap
    Posts | Bydraes : 339
    Points | Punte : 509
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-05
    Age | Ouderdom : 51

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by Enid Fri 09 Dec 2011, 1:17 pm

    ek gaan nie verder iets kan byvoeg wat nie reeds gese is nie, behalwe vra of ek kan join in jou stuk hehehehe? Ek het dit geniet Smile
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by AmmieMoon Fri 09 Dec 2011, 3:56 pm

    Enid, hoe meer siele hoe meer vreugde - spring in! giggel Like a Star @ heaven

    Sponsored content


    'n Koninklike lamp Empty Re: 'n Koninklike lamp

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Mon 29 Apr 2024, 7:05 pm