FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    Donkermaan

    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    Donkermaan Empty Donkermaan

    Post by Gerrit Hermens Thu 01 Dec 2011, 1:43 am

    Donkermaan

    Diepe waters staar nostalgies
    en soekend in die wye,
    gespikkelde duisternis.
    Die invloedryke maan wat so getrou versterk,
    en verlig vir natsandontdekkers,
    afwesig...

    Uitgeteer en moedeloos,
    nader en nóg nader!
    Heeltyd nader aan die diepe hart,
    spoel kabbeltjies uit.

    Die krag van die eens jeugtige stormsee
    byna vergete
    in die spierwit kroon
    van die nie-langer intimiderende legende.

    Wankelmoedige pilare probeer vergeefs
    om trots en mooi te pronk.
    Diep parasiterende krake
    vermeerder die puin wat alle hoop bedek.

    G. Hermens, 07-11-2008
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Donkermaan Empty Re: Donkermaan

    Post by SWERWER Thu 01 Dec 2011, 2:21 pm

    Beste Gerrit,

    Hier gaan n lig vir my op! Ek lees die nabetragting van Donkermaan se springgety, die stilte na n nag se duete tussen die Maan en die See. Om so te kan skryf moet jy die see en die maan se siklus van invloed goed ken. Die wit skuim wat op die strand opgespoel le.

    Die krag van die eens jeugtige stormsee
    byna vergete
    in die spierwit kroon
    van die nie-langer intimiderende legende.


    Gerrit my leek oog se dat jy het groot tallent en vir wat dit werd is wil ek jou aanmoedig om nog baie meer werk te plaas. Al is dit net vir my eie selfsugtige genot.

    Puik werk en dit van n man wat in die fleur van sy lewe staan! Knap gedaan.

    SWERWER
    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    Donkermaan Empty Re: Donkermaan

    Post by Gerrit Hermens Sat 03 Dec 2011, 5:51 pm

    Wow! Nederig baie dankie! Ek sal verseker nog plaas!
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Donkermaan Empty Re: Donkermaan

    Post by S.J. du Plessis Tue 06 Dec 2011, 5:06 am

    Ek stem saam met Swerwer. Interessant ook jou vorm van die gedig. Versterk die konsep van die gety-ritme...in en uit, neem en gee. Die Afrikaan en Engels is ewe goed verwoord en goeie woordspel. Ek dink ek moet vir jou my Engelse gedigte gee om te vertaal, want ek is 'stuck'...As ek dit in een taal gedoen het, werk hy net nie vir my in 'n ander nie...(dit het genoeg bloed-en-inksweet gekos om hulle daar te kry soos hulle is...wat nog te sê loop vertaal!?) Jy het dit egter laat lyk soos kinderspeletjies. Baie goed gedoen. Like a Star @ heaven
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Donkermaan Empty Re: Donkermaan

    Post by AmmieMoon Tue 06 Dec 2011, 12:53 pm

    Nou sien, hier kom gooi die maanvrou weer haar aweregse pennie in die beurs: ek het 'n wesenlike probleem met vertalings van oorspronklike werke, juis om daardie rede S.J. - nog nooit kon ek 'n vertaling teekom wat die atmosfeer en esensie van die oorspronklike werk volkome kon vasvang nie....ek glo dat elke letterkundige werkstuk se 'magic' juis gelee is in die staat waarin dit gebore is. Ek is geensins gekant teen oorvertalings nie, net dat ek nog soekend is na daardie EEN vertaalde werk wat my asem kan wegslaan! Oorvertalings is 'n waardevolle oefening en slypsteen vir enige skrywer, dus essensieel vir groei en ontwikkeling, steeds, tale is te uiteenlopend elkeen met sy eie karakter dat die een in die ander se gietvorm geforseer moet word......Noutoe, haal solank die tamaties uit en gooi my, ek koes solank !....giggel
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Donkermaan Empty Re: Donkermaan

    Post by AmmieMoon Tue 06 Dec 2011, 12:59 pm

    ps : En O ja, Jongman, hierie maanvrou gaan jou donner as sy weer 'n woord soos 'parasiterende' in een van jou skeppings aantref !! Gryp daai woordeboek, ons taal is vol genoeg krulletjies en kleurvolle kraletjies dat ons nie nodig het om sulke koeksister-verdraaings tussen-in hoef te forseer nie....Ja ja toe, ek weet ek stirr vanoggend weer lekker, maar hey, ek bly in die moeilikheid, ek wissel gewoonlik net van diepte...giggel Like a Star @ heaven (By the way - dis 'n GREAT gedig)
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Donkermaan Empty Re: Donkermaan

    Post by anderkant Thu 08 Dec 2011, 4:05 pm

    Ek volstaan by puik - meesterlik briljant. Ek hou jou met lewendige belangstelling dop.
    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    Donkermaan Empty Re: Donkermaan

    Post by Gerrit Hermens Thu 08 Dec 2011, 6:41 pm

    Sal dit graag lees en vertaal as ek die vermoe het!

    Ek stem Maanvrou! Dit maak dit oor die algemeen baie vlak en vaal! Hierdie enetjie het ek egter gevoel ek moet vertaal omdat dit nodig was vir di novelle waarmee ek besig is... Lmga! Sal vir my 'n ordentlike Afrikaanse gedig aanskaf! Belowe! En baie dankie!

    Wooooooow! Baie dankie! Dit beteken baie!
    S.J. du Plessis
    S.J. du Plessis


    Posts | Bydraes : 104
    Points | Punte : 138
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-08
    Age | Ouderdom : 51

    Donkermaan Empty Re: Donkermaan

    Post by S.J. du Plessis Mon 12 Dec 2011, 3:59 am

    Niemand gaan tamaties gooi nie Ammie...jy lig bloot die ander werklike kant van die munt uit en jy spreek waar en wyse woorde. Dit is goeie oefening, maar ek stem saam dat baie vertaalde gedigte nie werk nie juis omdat die oorspronklike emosie nie daarin gevang is nie en dit dan eerder ontaard in 'n letterkunde stryd as 'n gedig met 'n boodskap. Die intrige van oorspronklike woordspel vervaag gewoonlik. Ek het al 'n paar sulke afgewaterde vertalings ter oë gehad. In my leke opinie het Gerrit s'n glad nie sleg vertoon nie, dalk weet ek net nie waarvoor om te kyk nie. Ek weet net, ek kan dit nie doen nie...so myne is in hul vormpies en so gaan hul dan bly...ek gaan nie eens probeer om hulle te vertaal nie. Smile

    Sponsored content


    Donkermaan Empty Re: Donkermaan

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 4:30 pm