FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Bedevaart

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Bedevaart Empty Bedevaart

    Post by AmmieMoon Thu 08 Sep 2011, 12:20 pm

    Met my vrybrief
    en my jesebeltassie
    styf geklem
    in my vuis,
    wag ek op die
    skemer perron,
    dwaallig
    in my oë,
    soekend
    na die
    spoorwegkoets
    op die
    veraf horison

    Padgereed
    en koorsig,
    hier moet ek weg,
    vandag
    breek ek die verlede
    om nooit weer
    gister
    te verberg

    te lank reeds
    vertoef
    om môre
    te sien kom,
    vergeefs
    soek ek jou gesig
    op hierdie
    eensaam
    perron

    my trommel
    gevul met delusies,
    my reisrok gevlek,
    van
    stasies se roet
    wat ek saamsleur
    van plek tot plek

    die padpredikant
    dui lings,
    my hart
    is aan't verdwaal,
    my reiskaart
    gekreukel,
    my voete

    kaal

    nostalgie
    my toggenoot,
    staan styf

    teen my lyf,
    verkluim
    honger
    smagtend
    na hitte en spys

    die eggo
    van sofisme
    weergalm
    in die kreet
    van 'n sinjaal,
    sal hierdie reis
    anders wees ?
    sal iemand
    my kom haal ?

    God weet
    ek is moeg
    van swerf
    in my soeke na nog,
    maak hierdie
    'seblief
    my laaste pelgrimstog.





    © 2009 Almarie Truter

      Current date/time is Wed 15 May 2024, 2:11 pm