FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Paljas

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Paljas  Empty Paljas

    Post by AmmieMoon Thu 08 Sep 2011, 12:37 pm


    Seun van Venus,
    jy nooi my na jou agape,
    voer my
    granaat en donker druif,
    dadels en soetwyn
    vir my honger lyf,

    Ek luister na jou minnetaal
    terwyl jy verse vir my lees,
    bestryk jy my
    met die amourette
    van hierdie madrigaal

    'n Minnegloed omring ons,
    verloklik die koester-kos
    van suikerstruif- brood,
    die sierknoop
    van hierdie oomblik
    wil ek
    in heuningkoek doop

    Die motet
    van my en jou
    is gekleur met klank,
    in adorasie
    wat aan jou lippe klou
    smeek 'n oertaal
    dat ek nou
    moet onthou.


    © 2009 Almarie Truter
    ( 5 Nov. 2009 )
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Paljas  Empty Re: Paljas

    Post by anderkant Thu 08 Sep 2011, 1:59 pm

    Ams - mmm, ek glo jy weet vir wie ek hierdie sou wou lees Wink Soveel keer het ek al bewus geword daarvan dat jou oordragstyl my amper oorreed om van geure en smake te hou wat ek andersins nie sou nie; by dadels wil ek dit met oorgawe proe terwyl ek niks daarvan hou nie, by granate neem die intensiteit van die kleur en geur van my besit terwyl ek glo dat die granaat mens slegs uitlok - daar is so min plesier om die harde kern daarvan. Donker druif... laat ek nou eerder nie die boksie vol babbel nie. Ek eer jou nogmaals vir 'n uitstekende vers.
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Paljas  Empty Re: Paljas

    Post by AmmieMoon Thu 08 Sep 2011, 4:10 pm

    ...giggel....Dankie Rudi ! My gunsteling peuseling bly egter ALTYD kraakvars, sonsoet, blosrooi aarbeie !!! kom jy saam met my smul ? Wink
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Paljas  Empty Re: Paljas

    Post by anderkant Thu 08 Sep 2011, 7:38 pm

    o wee, steek iemand jou op teen my? aarbeie is ook nie my ding nie, om die een of ander rede proe die saadjies vir my soos sandkorreltjies - maar as jy nou al my guitestreke wil beleef dan doen jy dit met swartbessies of bloubessies en jogurt. As jy my geheel op 'n "trip" wil sit dan moet jy my nou granadilla suur-room kaaskoek voer... as ek dan nog nie sag is nie moet iemand kyk of ek 'n pols het want ek is sweerlik dood... Smile
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Paljas  Empty Re: Paljas

    Post by AmmieMoon Thu 08 Sep 2011, 7:49 pm

    ....lekker giggel ek nou ! Dan is jy by die regte maan ! Ek bak 'n mean dubbel vol-suurroom gebakte kaaskoek bedek met passie-vrug bo-oor ! My koffieshop kliënte het het gagga gegaan daaroor ! Iewers sal ons mekaar onder 'n boom moet kry vir 'n kaaskoek met passie-vrug smul-sessie ! Wink
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Paljas  Empty Re: Paljas

    Post by anderkant Thu 08 Sep 2011, 7:58 pm

    daarvoor ry ek sowaar al die pad saldanha toe... kaaskoek is my doodsteek!
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Paljas  Empty Re: Paljas

    Post by AmmieMoon Thu 08 Sep 2011, 8:01 pm

    Dan's ek bevrees om te se ...Jy's 'n gonner my vriend ! Niemand is bestand teen die verslawende aanslag van my gebakte kaakkoek nie ! Selfs die Pous kom gereeld vir biegsessies na my toe !
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Paljas  Empty Re: Paljas

    Post by anderkant Thu 08 Sep 2011, 8:24 pm

    watse koek? Laughing
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Paljas  Empty Re: Paljas

    Post by AmmieMoon Thu 08 Sep 2011, 8:37 pm

    ....flippet wetie...seker 'last communion' koek (bedek met passievrug stroop ) of so iets ....giggel

    Sponsored content


    Paljas  Empty Re: Paljas

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 15 May 2024, 2:24 pm