FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

2 posters

    Windsug

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Windsug Empty Windsug

    Post by AmmieMoon Thu 08 Sep 2011, 12:46 pm


    Passaat

    woelsiek
    waai windkant
    my eolusharp vanaand

    buig voor my Mammeluk
    ek begrens jou met 'n misboog
    om jou stuk stuk
    in te sluk

    polarisasie van jou sinne
    vind neerslag
    gedy
    die wateropale in jou oë
    offer jy my

    Vir jou
    voer ek
    papawerstroop

    kruip in
    en
    oorwinter
    in my
    stratus-skoot.


    © 2009 Almarie Truter
    ( 1 Nov. 2009 )
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Windsug Empty Re: Windsug

    Post by anderkant Thu 08 Sep 2011, 1:46 pm

    ...ek merk jy praat van waar jy begin het... en ek voel steeds oortuig dat jy as 'n "groot gees" begin het en ongelooflik daarop voortgebou het... hoe vergelyk mens dan een meesterstuk met 'n ander terwyl elke een volwaardig op sy eie fondasie rus. Ek staan met nederige respek voor hierdie vers en probeer my bes om nie jaloers te wees oor jou grootse talent met woorde nie. Smile
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Windsug Empty Re: Windsug

    Post by AmmieMoon Thu 08 Sep 2011, 4:17 pm

    Sjoe....nou voel ek lus om vir jou tjoklits te stuur vir hierdie mooie kommentaar...van daai rooi, koelronde Lindt balletjies wat soos stoute gedagtes smelt teen mens se verhemelte (dis my gunsteling nannas)...of wat van drops ? Jaaa, de soute drops van Katje !. (hoe water my mond nou)....of suig jy eerder aan 'n vrypeperment ?...giggel....Ag dinges SIEN! daar dwaal my aandag alweer na sweets toe terwyl ek net nederig wou kom dankie sê Very Happy
    anderkant
    anderkant


    Location | Ligging : Port Elizabeth
    Posts | Bydraes : 342
    Points | Punte : 382
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-04
    Age | Ouderdom : 47

    Windsug Empty Re: Windsug

    Post by anderkant Thu 08 Sep 2011, 7:31 pm

    Tannie Ammiemoon - deesdae suie ek net aan my rookgoed en my bo-lip. Smile Daai drops is lekkerrrrrr - jaag die bloeddruk op maar wie kom agter wanneer jy besig is met die waardering-proses.....
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Windsug Empty Re: Windsug

    Post by AmmieMoon Thu 08 Sep 2011, 7:55 pm

    Tannie se gat!!!! (trek ek my stert opsluit op 'n krul) Hies geen tanniegeit in hierdie lyf nie, net stuitigheid ! Jip, my metholtjies liefkoos ek ook deur die donker gleuwe van nag ...is asof beelde en woorde beter ondertrou binne my, onder die invloed van nikotien, maar soms, as die maan skuins gedop hang, kom 'n belustigheid oor myse sinne wat net die regte nannas kan bevredig !....giggel

    Sponsored content


    Windsug Empty Re: Windsug

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Wed 15 May 2024, 3:34 pm