jy is weer hier
ek herroep jou lippe - dun soos 'n tweesnydende swaard
(maar nooit om my te wond nie)
die klam betasting onmiskenbaar, met my borste
wat opstaan in herinnering
die vreemde taal wat jy gemompel het (meestal onsamehangend)
het ek verstaan, my lyf was 'n gretig leerjonge
immer aan't kriewel soos 'n Afrika geitjie
onder jou laatmiddag hande
die see het skuim gespu teen ruite
maar jy het deur branders van glas geloop
tot binne in my wellus - jou bronstigheid en
die blou oorlog in jou oë was my ondergang
die grond onder my voete het gesidder met jou aankoms
en doods geswyg in stille nabetragting elke keer
as jou truligte om die verste draai verdwyn
ek het meermale geween as gelag, het jy geweet ?
maar passie was 'n tydbom waaruit pluime en pouvere
soos onkruid gespruit het, die laventel in my voortuin het
verpers en verinnig as jy hier was - ek was dronk
van jou musk gemeng met die blomgeure in my straat;
jou beeldspraak was nat, het soos blare gekleef
aan my tong my mond my oopgesperde dye -
jou asem die draak wat my kon vuur tot hoer
daar is 'n yswind wat loei vanaand
en my Maria-kleed wapper wit in die nag
op my wasgoeddraad
maar ek sweet van slegs een ontblote gedagte.
© 2011 Almarie Truter