FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

3 posters

    Afwesige groet

    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Afwesige groet Empty Afwesige groet

    Post by Camsica Thu 08 Dec 2011, 12:44 am

    Nou hang my groet talmend
    in die lug
    ek voel onweerstaanbaar weerloos
    die stilte eggo weergalmend
    laat my psige
    selfbewus bloos

    my gemoed sug
    begin ek jou reeds
    onverwyld mis.

    Die glinster van my oog
    vasgevang in ‘n traan
    misrabel raak ek morbied
    die sluiers lig hoog
    word ek van my
    afwesigheid bewus

    ek hoor benoud
    welbekende wysies
    die klanke van ons
    afskeids-lied.
    SWERWER
    SWERWER


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 148
    Points | Punte : 163
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 67

    Afwesige groet Empty Re: Afwesige groet

    Post by SWERWER Thu 08 Dec 2011, 2:36 pm

    Camsica,

    Hartseer en weerloos hierdie afskeidslied. Wie ookal daai lied geskryf het moet geskied word. :-)

    SWERWER
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Afwesige groet Empty Re: Afwesige groet

    Post by Rudi Coetzer Thu 08 Dec 2011, 3:16 pm

    n emosioneel kragtige werk.
    kan die verlies en sug sommer aanvoel en hoor.
    die kol op die maag ervaar.
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Afwesige groet Empty Re: Afwesige groet

    Post by Camsica Fri 09 Dec 2011, 12:33 am

    Swerwer, ek bedank jou innig vir jou lees en mooi kommentaar....
    Camsica
    Camsica


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 66
    Points | Punte : 118
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-12
    Age | Ouderdom : 42

    Afwesige groet Empty Re: Afwesige groet

    Post by Camsica Sun 11 Dec 2011, 4:12 pm

    Smile. Dankie Rudi vir die mooi kommentaar... x

    Sponsored content


    Afwesige groet Empty Re: Afwesige groet

    Post by Sponsored content

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 6:02 am