FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Transmutasie

    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Transmutasie Empty Transmutasie

    Post by AmmieMoon Sat 03 Sep 2011, 3:10 pm

    vygies botter geil teen grensdrade
    en heuwels staan uitgeswel teen die horison,
    kalwers wat nog laatwinter vries teen spene
    stuifmeel uitbundig elke middeldag
    as die son dynsig saam wei tussen polle en spriet

    die kaggel in my keel wolk smorens reeds flouer
    teen vingers van ys
    tog kraak my stem meer in winter-dialek
    as in die lugspieëling van 'n indringer lente-asem

    ek bekyk die armdruk van twee domastrant seisoene
    en wonder waarom my hart so uitgesorteer is
    in sy ewige winter staat.



    © 2011 Almarie Truter

      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 7:03 pm