FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Gewraakte Lewensteleskoop.

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Gewraakte Lewensteleskoop. Empty Gewraakte Lewensteleskoop.

    Post by Joan Lotz Fri 09 Dec 2011, 3:57 pm

    Daar is sekere paaie waarop mens mag loop
    sien ek duidelik deur my lewensteleskoop
    groteske wêrelde lê skielik wyd voor my oop
    avontuurlustigheid wil my hierlangs noop
    volwaardige tree te neem, immer vol hoop

    my eerste tree was wankelrig, baie klein
    son helder oor my bang, waggeltred geskyn
    later kon ek veel meer waag, was ek in lyn
    vrees vir groter tree stelselmatig verdwyn
    niks sou my nuwe ywer om te lewe ondermyn

    vol selfvertroue stap ek in, asof bekwaam
    my spieëlbeeld dra nou 'n veel groter raam
    wil die lewe vasgryp, hoop sal nie beskaam
    my sertifikaat verwerf met grootmens-naam
    sou ek struikel, dra ek alleen die blaam

    min van die buitewêreld ooit werklik geweet
    gulsig het ek geproe, volheid van alles geëet
    goedhartige waarskuwings verwerp, vergeet
    verwaand, egoïsme, my nuwe naam geheet
    stadig sou ek in die strik daarvan bloed sweet

    ek het die lewe geklim, teen die steilste wal
    bo-oor rotse, distels, binne diep dongas geval
    daardie pad, eens so mooi voor my uitgestal
    bloeddeurdrenk en smaak tans bitter soos gal
    my nemesis, skel weerklink wraak se geskal
    2011/09/21 Joan Lotz

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 11:33 am