FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Avignon

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Avignon Empty Avignon

    Post by Torm Sun 11 Dec 2011, 12:08 am


    Ontmoet my weer
    by Pont Saint-Bénezet se kolom
    in Avignon
    en voordat horlosies ons keer
    dwaal ons deur die stegies
    vergeet ons die realiteit dalk flussies
    ja, kom ons ontsnap die werklikheid
    langs tydgetorringde mosbegroeide
    sprokie-geboue tussen laventel-lande
    in Avignon se fabelagtigheid
    hier waar die kerk die Roomse pater
    kortstondig verloor het
    red my lewe met liefde soos Romeinse water
    van ver af soos met die Pont du Gard
    laat my weer vergesigte sien
    soos vanaf die Rocher des Doms
    laat my aan jou bedien
    millefeuille aux legumes au tapenade
    asof ek die liefde se taal weer verstaan
    en asof my afgestompte tong
    weer elke kruiesmaak sal herken
    kom ons probeer tyd terugwen
    kom ons dans in die somerson
    kom ons plak die blaaie terug
    wat van die kalender afgeskeur is
    net as jy lus is
    in Avignon


    ©Torm 2011

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 2:46 pm