sit-tyd in hierdie pseudo tronk
draal langsaam verby,
elke skimmeldag kom en gaan
sonder hoop
sonder diffraksie
sonder traan
divageer my denke in die spookuur
van vretende drang,
na die waan-idee van ons soeke na lig
in 'n eindelose skemer gang,
die parskwil van jou woorde
lê tussen rooi papawers in my kamer rond,
bedek onder 'n rookkolom van
gister se bitter spuugsels
uit jou bitter mond
ek teer spigtig op gedeelde vuur binne my
wat ons ekstaties kon verteer
en terselfdertyd bevry
droom steeds van nerts
wyl my neteldoek rok skaars my
skaamte omvou,
jou diffuljas se soom steeds sirkels trek
om vergete berou
wrang en soet tesame
hierdie hunker van jou na my
en my na jou,
van nooit vergete passie
van ure se seer onthou.
© 2009 Almarie Truter
( 13 Nov. 2009 )