FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Killing field

    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Killing field Empty Killing field

    Post by Rudi Coetzer Sun 11 Dec 2011, 6:15 pm

    Ek sit en kyk
    na die lyke
    van myself
    wat bebloed en vermink
    hier op die slagveld
    van liefde lê
    en ontbind .

    Die reuk van verrotting
    hang swaar in die lug ,
    laat my maag draai
    en naarheid
    oor my spoel .

    My regterhand
    lê afgeskiet
    langs my sy
    en my linkerhand
    kan nie die bloed keer
    wat by my bors
    uitpomp nie .

    Voor die ewige duisternis
    my oorval ,
    kyk ek met verbasing
    na jou wat oor my staan ,
    met smaal in jou oë
    en ñ grynslag
    op jou pragtige gesig –
    die geweer nog rokend
    vasgeklem in jou hande .

    Ek was
    ñ maklike teiken .


    ( 19/03/2009 15h48 )



      Current date/time is Fri 17 May 2024, 2:06 am