FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Kwazulu

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Kwazulu Empty Kwazulu

    Post by Torm Sun 11 Dec 2011, 9:44 pm


    soos ʼn ulululu lofgedig
    lei die heuwels na die Zulu-troon
    bayete! soos wat net Afrika kan -
    ʼn ontmoeting tussen swart en wit
    en tussen kwaad en goed
    en tussen water en bloed

    een wêreld en ʼn ander ontmoet
    waar wilde veld en modderhutte
    die motors en gloeilampe
    in ʼn verwarring koester
    met die hitte van ʼn moeder
    soos die landerye teen haar borste aanlê

    ja, die beeste en die sorghum
    maak nes tussen Afrika-kurwes
    van heuwel tot heuwel en ruïnes -
    alles wat gebou is, word wel afgebreek
    en daar steek ʼn pen in elke speek

    maar te fiets vorder ʼn oupa oor die grondpad bult
    na sy soekende umfaan kinders;
    sy yebo-gogo-selfoon is ʼn radio -
    tussen krassende kraaie luister hy liefs
    hoe speel en wen of verloor sy Kaizer Chiefs

    ©Torm 2010

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 10:56 am