FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Janis in my dag

    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Janis in my dag Empty Janis in my dag

    Post by Melanie van As Mon 12 Dec 2011, 7:38 pm

    Deur bliksems sing Janis haar hart vas;
    van vrees die nag se donker in
    met woorde rou haar aarde op
    van liefde en ou stukke siel toegevou
    in gejaagde drome
    wat niemand ooit kan wantrou nie.

    behalwe ek-
    vir wie die dag-geluide nie meer praat
    saam sonskyn en dooie name nie,
    iewers tussen Knysna se woude
    en die grou van die bitter oseaan
    het die bome ophou loer en water ophou spoel
    vir die stukkende fotos wat ek neem
    en wys vir die volk
    -goed en kwaad-
    met die hoop dat liefde groter
    as die dood homself is.

    Een laat dag as die wolke nie meer huil
    vir die woorde wat skree
    uit die holtes van genade nie
    sal onse lewe weer begin in die eindlose slaap
    wat bieg tussen die groen en blou skakerings
    van die asem uit die grond
    wat net die mens homself kan uitblaas.

    Janis sing
    en ek sien hoe die akkoorde
    soos ‘n mes deur vel sny
    om dit wat was te onthou.
    behalwe ek-
    vir die goed en die kwaad
    wat loop in die ironie van my bloed.

    Sy sing nog in my nag
    terwyl die rooiwyn opraak
    en ek vir die laaste keer lag
    vir die dood wat staan en wag
    agter die mure van lewe
    wat val tot in môre se gebore lied
    van 'n nuwe oggend
    in die arms van die reën.

      Similar topics

      -

      Current date/time is Fri 17 May 2024, 3:51 am