FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Skaam jou, my brein!

    Joan Lotz
    Joan Lotz


    Location | Ligging : Pretoria
    Posts | Bydraes : 69
    Points | Punte : 170
    Join date | Datum aangesluit : 2011-10-12
    Age | Ouderdom : 87

    Skaam jou, my brein! Empty Skaam jou, my brein!

    Post by Joan Lotz Mon 12 Dec 2011, 8:02 pm

    Ai toggie, alweer die arme ouderdom
    wil dit eintlik nie vreeslik kras stel
    jongeres het self dit al oorgekom
    die brein sowaar weer op die spel

    ek gaan na die kitsbank een dag
    wil geld trek binne die Spar,
    stoot my kaart in, haal uit en wag
    toe ontstaan `n hewige harwar

    ek staan, my beursie en geld in die hand
    genugtig…my kaart is ingesluk
    bekommernis knaag aan my verstand
    ek begin sommer knoppies te druk

    sekuriteitsman sien my dilemma en vra
    vertel hom vlugtig van my probleem
    hy kyk my vreemd, vraend aan…en ja
    ek moet dit met die bestuur opneem.

    so gedaan… ek stap na sy kantoor
    vertel hom breedvoerig my penarie
    hy luister met stil gewillige oor
    bevestig dis tog nie moontlik nie

    eensklaps tref dit…verleë stap ek weg
    jy sit kaart in, haal dit dadelik uit
    ek weet voor my siel hy was reg
    momenteel het my brein afgesluit

    ek onthou toe die hele prosessie
    van outomatiese reaksies aangeleer
    haal kaart uit, bêre gou in my beursie
    en dink eintlik nie daaraan weer

    dit gebeur so vinnig dat ek skoon vergeet
    my aksies soos ‘n masjienoutomaat
    dis nie die eerste wat ek van weet
    skaam jou, brein, my só in die steek laat!

    2008/11/12 – Joan Lotz

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 3:17 pm