FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Parys

    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Parys Empty Parys

    Post by Torm Tue 13 Dec 2011, 4:17 am


    kleure-abstraksie français
    op doek en retina
    van sex-shop tot kerk
    romantiek werk
    vir toeristestalletjies

    die verlede spook
    agter Louvre kuns
    en in strak klip en lem
    van Bastille en Triomphe
    tot madame guillotine

    bemark die liefde
    aan vloedgolf
    op vloedgolf
    toeriste
    (plastiekgeheue byderhand)
    wat uit smal straatjies
    uitstort op die Seine
    ontplof by die Eiffel
    in 'n vuurwerk van menslikheid
    vasgevang
    deur die werklikheid

    © Torm 1991

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 10:16 pm