FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

    Rooi gestolde klonte

    Melanie van As
    Melanie van As


    Location | Ligging : Kroonstad, Vrystaat
    Posts | Bydraes : 34
    Points | Punte : 76
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-06
    Age | Ouderdom : 38

    Rooi gestolde klonte Empty Rooi gestolde klonte

    Post by Melanie van As Tue 13 Dec 2011, 7:20 pm

    Deur die krake van my aarde
    kan ek sien hoe die wortels my voete kruisig,
    water bloei rouseer onophoudend.
    Niks is skoon of blink teen lewe nie.

    Die toekoms is rooi gestolde klonte.

    Ek sien kinders verdrink
    in die oorlog van reg en verkeerd.
    'n Ma huil onbeskaamd
    met haar hande op na bo,
    met skurwe knieë
    probeer sy weer opstaan
    vir nog een laaste keer.
    Doringdraad sny die hande van onskuldiges.

    Die toekoms was rooi gestolde klonte.

    Kilometers ver oop voor my is daar grafte
    mense staan met dooie blomme
    en goedkoop verse.
    Ek sien leiers afbreek
    terwyl my generasie wyn drink tot na twaalf.
    Stil verdwyn die drome.


    Waar kom ons hulp vandaan
    as die kore ophou sing
    jy die helder kampvure
    voor ons sien dood waai?

    Ek het terug gesit
    kaalvoet vol eie-huil op die grond.
    Egte mense stap verby .
    In my agtergrond praat die oseaan
    weer in elf tale.

    Soms kraak vrede as jy stil sit en hoop.

    Teen skemer was ek vry
    ek het weer
    my regte wêreld terug gekry
    tussen al die ou rooi gestolde klonte.

      Current date/time is Thu 16 May 2024, 10:37 am