FreeStyle

Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

5 posters

    Die bevrore fiets

    Poll

    Do you 'like' or choose 'not my favorite' for this Combination?

    [ 9 ]
    Die bevrore fiets  I_vote_lcap100%Die bevrore fiets  I_vote_rcap [100%] 
    [ 0 ]
    Die bevrore fiets  I_vote_lcap0%Die bevrore fiets  I_vote_rcap [0%] 

    Total Votes: 9
    Poll closed
    AmmieMoon
    AmmieMoon


    Location | Ligging : Saldanhabaai
    Posts | Bydraes : 413
    Points | Punte : 689
    Join date | Datum aangesluit : 2011-08-28
    Age | Ouderdom : 25

    Die bevrore fiets  Empty Die bevrore fiets

    Post by AmmieMoon Tue 13 Dec 2011, 7:57 pm

    toe kies ek maar hierdie kiekie -

    hoe pas ek jou in 'n foto se nate ?
    jy het beswaarlik in dae gepas en nagte
    het meermale oorgeloop van jou bloue,
    jou ewig loomte in my dye - gekneus in woordvol swye

    winter is 'n nimmereindigende staat van stalagmiet
    met 'n landskap wat kreun in 'n digters pen wat krake
    skryf in liefde wat versaak
    die watervoor-bruggie na my huis is toe gesneeu en die fiets
    die fiets staan nog waar jy dit laas lente gelaat het -
    die bossie madeliefies by die handvatsel-klokkie, nou net 'n
    fragment van onthou (hoe smartryk my woordorde oor jou)

    yswinde kerm soos jags katte om wit gedekte nokke
    en houtheinings slaag nie daarin om jou uit my gedagtes
    te kamp nie -
    jy was altyd grensloos (en ek: ons-voos)

    tyd staan stil hier by my en somer bly iets wat vêr is,
    slegs 'n ander man se verwagting van kleur en hoop -

    toe kies ek maar hierdie kiekie.


    © 2011 Almarie Truter
    Attachments
    Die bevrore fiets  AttachmentDie bevrore fiets deur fotograaf Jan van Loggerenberg.jpg
    You don't have permission to download attachments.
    (142 Kb) Downloaded 5 times
    Gerrit Hermens
    Gerrit Hermens


    Posts | Bydraes : 103
    Points | Punte : 177
    Join date | Datum aangesluit : 2011-11-28
    Age | Ouderdom : 35

    Die bevrore fiets  Empty Re: Die bevrore fiets

    Post by Gerrit Hermens Wed 14 Dec 2011, 12:04 am

    cheers Like a Star @ heaven Jy't genoeg gese!
    Rudi Coetzer
    Rudi Coetzer


    Location | Ligging : Jakarandastad
    Posts | Bydraes : 1071
    Points | Punte : 2214
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-03
    Age | Ouderdom : 57

    Die bevrore fiets  Empty Re: Die bevrore fiets

    Post by Rudi Coetzer Thu 15 Dec 2011, 1:41 pm

    love jou gedig.dis besonders.en jou woordkeuses maak die prentjie nog meer uitsonderlik.
    (hou egter nie van jou struktuur nie....die keuse van jou strofelengtes is perfek....maw ook die vorm...maar n gedig soos die vrae ook vir powerful struktuur....[en nie so aanmekaar nie,sonder .'e nie]....die power van jou woorde sou soveel sterker wees sou die struktuur sterker wees...en die gedig smeek daarvoor....)
    maar weereens n bogemiddelde werk uit jou bogemiddelde pen.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Die bevrore fiets  Empty Re: Die bevrore fiets

    Post by Torm Thu 22 Dec 2011, 3:10 am

    ek like dit genoeg om daarvoor te stem.
    Torm
    Torm


    Location | Ligging : Donker Afrika
    Posts | Bydraes : 260
    Points | Punte : 465
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-16
    Age | Ouderdom : 67

    Die bevrore fiets  Empty Re: Die bevrore fiets

    Post by Torm Thu 22 Dec 2011, 3:16 am

    Hoe lyk dit Ammie Moon gaan jy nie 'n gedig oor my sprokieswoud foto skryf nie? Very Happy
    Claira Summers
    Claira Summers


    Location | Ligging : Naboomspruit
    Posts | Bydraes : 347
    Points | Punte : 489
    Join date | Datum aangesluit : 2011-09-25
    Age | Ouderdom : 49

    Die bevrore fiets  Empty Re: Die bevrore fiets

    Post by Claira Summers Mon 05 Mar 2012, 6:36 am

    Beautifull - Baie besonders

    Sponsored content


    Die bevrore fiets  Empty Re: Die bevrore fiets

    Post by Sponsored content


      Current date/time is Fri 26 Apr 2024, 8:16 pm