Die stil donker
dawer vannag oorverdowend
en die kers
se flikker-vlam
kondig luidrugtig
sy laaste paar sekondes
hortend aan .
Iewers in my donker huis
duidelik drup ñ kraan
op die dak hoor
ek die voetval van ñ muis .
In die halflig
van die sekelmaan
op my bebaarde gesig
blink ñ traan .
( 25/01/2011 01h05 )
dawer vannag oorverdowend
en die kers
se flikker-vlam
kondig luidrugtig
sy laaste paar sekondes
hortend aan .
Iewers in my donker huis
duidelik drup ñ kraan
op die dak hoor
ek die voetval van ñ muis .
In die halflig
van die sekelmaan
op my bebaarde gesig
blink ñ traan .
( 25/01/2011 01h05 )